HOËRSKOOL DRIEHOEK
HOËRSKOOL DRIEHOEK Die skool se noodlot in die ergste doodskreet met geweldige pyn en seer stroom die trane van hartseer in ‘n onverwagte fratsongeluk onder die loopvlak van sementbetom het kosbare kinders se lewens omgekom verwyte word oor en weer gegooi niemand dink meer aan die mooi almal se woede is behoorlik in die rooi […]
Nuttelose uurglas
kompasloos, rigtingloos val elke dag se somer met bitterwit verlange wat verblindend brand as versteende uurglassand druppend na benede meng nugter denke en seer verlies van stamelende verwonding van dit wat moes wees in my wêreld waar soveel skadu’s hurk so sparteldra ek daagliks (met verswakte vlerke) my littekens deur die ure en meëdoenlose lugleegtes […]
Versteende treë van tyd
waar sand deur die sif van jou uurglaslewe val skuur dit flenters oop van diep onthou en kom vou soos vlermuismantels wat wenteldraai – om en om die gedagtes en drogbeelde wat in leë rame van my denke hang dan kom my voete sleepvoet in skuifelgang om iewers diep wegloopgedagtes vas te vang kom spartel […]
Tanka 3
(Brons) op Nuwejaar se drumpel talm ek huiwerig skugter grootoog bang hoor ek nuwe drome lag sien nuwe beloftes wink ©Marlene Erasmus 31/01/2019
Tanka 2
(Brons) Tanka 2 tik-tok tik-tok stop Oujaar stap afdraend af tik-tok tik-tok klop Nuwejaar aan die voordeur op ooste se horison ©Marlene Erasmus 31/01/2019
Tanka 1
(Brons) Tanka 1 sleepvoet stap Oujaar gistergebeure lê nou vêr in verlede Nuwejaar knipoog vir ons sluimerend vol beloftes ©Marlene Erasmus 31/01/2019
RESENSIE: Die rolprent, Altyd in my Drome
RESENSIE: Die rolprent, Altyd in my Drome Sulke ou-modiese goeters: Swart/wit, 4-by-3-formaat. En dan nog Nico Carstens met sy ou boeremusiek op die pensklavier. En Al Debbo eers! Agge nee, net nie dit nie! Daaruit kan niks word nie. Verkeerd! Verkeerd! Vals! Gaan klim op ‘n ander trem! ◄]:o(٤_(o;╞ Uit die oude doos, ja. Nee […]
Nuwe Jaar Tanka
‘n Nuwe begin wanneer die horison kleur in wonder ontwaak versprei die son se strale ‘n nuwe jaar wat ontvou
BETTIESBAAI BRAND
BETTIESBAAI BRAND Brande kom nou inderhaas magtige wind wat die vure blaas rmanne slaan vlamme op die plaas so staan ek verslae en verbaas verpletter is my emosies my gesig het my verlaat soos ‘n wyse baas wat nie meer kan praat ‘n dooie liggaam is veras proe my neus die vebrande as lê swartbrande […]
NUWEJAAR
Nuwejaar nog ‘n rondte om nog ‘n lange jaar verby eer ons weer wegspring vlugtig omdraai pad betrag werk en weë te weeg en meet © Barbara Smit –23/01/2019