Donkerpad se Lig
Spore van die tyd loop kruis-dwars oor die sonbruin huid in ‘n silwer hare-raam oë skreef vanself uit ou gewoonte as die kop wegdraai na die sonkant toe maar die sien is weg lang jare al, nou kyk hy net na binne nog die windhonde van ou onthou jag dan haar beeld weer op as […]
Tanka – 2
‘n Nagtegaal sing tula-tula mymering wat syg deur die nag tot opgewekte voorspraak vir die nuwe jaar se koms (c) Erika (Silwer)
Plesierigheid
Kalender van voor Blommekroon versierings dra Voornemens optel Met wingerdsap vir plesier Dans almal onder die maan
Afskeid
*herplasing op ‘n *spesiale versoek Afskeid sluit toe die hart laat die hoop daarbuite soos lig wat wroeg deur vuil-nat ruite in seer oë lê die lande bleek ñ verbete mond verwronge eens het vreugde en skoonheid daar gewoon nou die haat nyd en hoon van ñ eensaam hart se toorn rukwind stiltes deurwaai ñ […]
Boervrou van Kwaggafontein
sy’s Maria Kamdeboo ‘n boervrou van Kwaggafontein gebore en getoë in die Klein Karoo goed opgevoed, ‘n fyn katryn douvoordag staan sy op om die skape en beeste te voer gestewel en gespoor was dit nog altyd in haar bloed om te boer nog nooit het sy haar hart verloor maar sy droom oor ‘n […]
‘N LEPEL SE ONTHOU
‘N LEPEL SE ONTHOU Ja. So word dogtertjies ook groot, en ekke wil nie nou eers grootwees nie. Ek wil nie nou ‘n regte-egte grootvrou wees wat weet hoe dit werk as jy en jou man liefdemaak nie en….. en glad nie geweet het dat ‘n regte-egte grootvrou in die middel van daai groot liefhê […]
Vlugteling
presies 5:30 am word sy wakker die lewe bloei deur haar are sy sit die ketel aan, ook die wasmasjien maak ham en kaas toebies vir skool dek die tafel vir ontbyt maak die kinders wakker en vat vir pappa koffie in die bed maar in haar kop is ‘n kannibaal; ‘n wegloop hond huil […]
Flenter-vlerke van liefde
Flenter-vlerke van liefde deur die vloedgolf van vele dae het ons twee saam begin stap en midde-in die veertigdae storm het die tortel my vrede met ‘n botselgroen olyftak aangebring op die offertafel van jou liefde het jy my die ram in die doringbos gewys daar waar jy turend in die Braambos kaalvoetspore van genade […]
OUJAAR KRY SY LÊ
En so, sommer so half suutjies, het Oujaar sy lê gekry. G’n mens het dit sien kom nie, maar ewe skielik is dit soos ‘n stokou man wat sonder asem en blus is. Hoe op aarde? Dit kan mos nie wees nie, kan dit? Dit was maar anderdag wat hy soos ‘n jong kalf gebokspring […]