Eensaam
Wanneer die abstrakte afwesigheid van jou frekwensie-draende teenwoordigheid soos bliksemstrale deur my verlate kosmos eggo om verduisterde vlaktes te verlig, weet ek; nou dat jy weg is is alles weer reg. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Wie sal verstaan
Wie sal verstaan Wie sal verstaan ken jy my hart vinnig om uit te deel swaar om te ontvang op jou perdjie spring jy al gallopende weg riem telegram berigte doen die ronde sappige skindernuus verkoop as waarheid opgevreet soos soetkoek in kring van spotters skoen aan ander voet trippel soos stout kind blaas op […]
Bottervliegie
Bottervliegie fladder flap dis in my maag waar jy dinge omkrap My brein bly spin oor die liefde wat jy bring terwyl my hart net aanhou sing Bottervliegie vlieg vinnig nou sodat ek my liefie kan onthou tot hy my weer styf vashou My hart speel tamboer vir die troebadoer wat my hartsnare roer
Was daar maar
Was daar maar ‘n land waar drome en verlange kon klots om die voet-end van ‘n rots Ja ‘n plek waar twyfel verdwyn soos mis voor die son as dit vroegoggend opkom Daar waar herinneringe bot in onthou genot en hartseer kwyn in die son se skyn maar realiteit is my lot en als word […]
Eens was alles lig en vry
Ek loop kaalvoet – verby koraalboom en granatebos. Die wit roos skud haar blare los oor die warm teer. (Skerp klippies maak my voete seer) Tot by koue water, sagte sand, meeue oor ‘n weskusstrand, die hete son. * En nes skulpgruis wat aan enkels klou en merkies maak, só voel ek jou nog aan […]
Hart’s kiekies deur Lynelle Clark
Hart’s kiekies deur Lynelle Clark Kliek – en nog ‘n terug flits so duidelik soos die vorige. Kliek – wens jy was hier. Kliek – vergeet van hom. Hy het. Kliek – Soos kortstondige flitse spoed ons verhouding voor my verby. Elke keer dat dat ek my ooglede knip, is daar nog ʼn herinnering; nog […]
Vandag se wag
Jy’t geweet ek wag; oopbek soos Bainskloof se klowe vir ‘n ster beligte nag. “Toe lag jy net, soos ‘n Langstraat slet.” My twaalfde uur het gekom en stil-stil gegaan. Klowe het hul howe gebowe, en jy het letsels vol rowe; vars bloed belowe. Nou wag ek nie meer want die seer het geleer om […]
Môre wêreld
Dalk…in my môre wêreld sal die skemer nie weer oor die horison brander en nie weer eb met my drome in sy arms Dalk…bly die son heeldag net by opkom om lig te reën oor die aarde wat stom in die helderheid en skyn wat aanhou blom
boerehart (ʼn Patiche van Toon van den Heever se In Die Hoëveld)
as die laaste lewensnote wegsterf breek sy boeresiel vry vry van die kap-kap eggo in aardkors gange vry van die blikhuisies se dronk moesserny waar vrouens en kinders met honger oë kyk waar mans soos hy hul sorge aan Bacchus bely vry van die hel van ewige hoes vry van die stad se slawerny dan […]
JY MAAL IN MY GEDAGTES
JY MAAL IN MY GEDAGTES Jy maal in my gedagtes rond jy lig my voete van die grond soen my sagkens op my mond draai my saam in my wêreld rond jy maal in my gedagtes rond ons kaalvoet in die sagte grond ons voete sweef oor die grond liefde dwaal in gedagtes rond ek […]