‘n Vinnige versie (2)
hoe is dit dat duiwe so flikkervlerk kan gly oor die dakke hier in Brackenfell en by die blouberge verby die mis waai van die see af in om tussen straatligte te hang . . . hoe is dit dan dat ek vroegaand so véél na jou verlang © C. Shaw 26 Oktober 2016
‘n namiddag in Stellenbosch (laatherfs)
wyl witstamberke se blare geel raak, die druif se blad tot roesbruin kom die berg se piek so effe skuins leun, geëts teen blou en amperwinterson – pryk amber akkerbome so laatherfs loofverlore, staan straathoek bedelaars in komberse toegemaak en weerklink deur endlersale* sang in vele tale – word pepermossies* uit nuwe monde hergebore […]
Lied van die wind
Sal jy vir my ‘n lied kan sing, wind noudat my stem stilte soek sodat ek woorde kan vermenigvuldig (omdat) bloed deur my are druis (want) die lewe is soos ‘n lied wat vasgroei aan tyd om warm klanke teen die heelal te hang (sodat) ons ook kan sing oor a l l e s […]
Geskenk van God
Want my lewe het in haar siel ontwaak (God se offerlam aan elke kind) sy het my gelei, geleer gesond gemaak vir my geveg, gebloei en gehuil op die ritme van haar liefde dans ek deur my bestaan my erfenis in my bloed ‘n eenheid wat kind sal ken en geen eggo kan ontken haar […]
Digter
Woorde soos dié het my omtower êrens in ‘n ewigheid verban na die waters van Bethesda waar letters soos engelvlerke om my flap; my tydloos horison oor ‘n ewenaar van enigmas. Selfs in die nanag dwaal my gedagtes om die smal poorte van woorde om halfrym en volrym tot verse te vorm. Woorde soos dié […]
Adderleystraat .
(Nou loop jy so versigtig, Mamma en jy moet mooi kyk waar jy stap, maar laat rus jou hand sag op my arm – dan klim ons sáám die laaste trap.) Adderleystraat Ek wonder of die sypaadjies van Adderleystraat onthou – die klik-klak van jou hoëhakskoene verby die Stuttafordsgebou. En dra die ruite nog herinnerings […]
Dis die rede
Dis die rede Meteens vee sy haar skaduwee oor die oog van die reënboog kaleidoskopiese kleure skeur deur haar; goudgeel saffier vou om haar sielswoud. Glansryk sal sy dans vir nog ‘n kans dag en nag baklei vir lewensprag verkennend deur die weg van goed en sleg net om te stol op die wolk van […]
Hoe doen jy dit?
Jy draai tyd om jou vingers – s-t-a-a-r na die blinkkant van my spore; in jou oseaan oë is ek vir ewig verlore s-a-g-g-i-e-s streel jou vingerpunte oor my hart jy fluister my winde wakker en staar weer na die naak-kant van my siel my hand styf in joune gee ek oor terwyl jou fluweel […]
Padlangs …
skryf weer vir my ‘n mooi gedig laat breek die dag in rym skryf dit tussen Colesberg en duskant Bloemfontein (Bo die groot Karoo waar die skadu’s diep agter donker heuwels, ver vlug ‘n raafswart kraai met ‘n wye draai en verdwyn oor die Gariep.) vertel my waar jou skape wei langs die huppel van […]