bosveldhuisie
die koue sny deur been en steen flou sonnetjie bring ‘n nuwe dag ‘n wind wat troosteloos ween ‘n vrou wat wag waar is die tyd tog heen sy kan vergewe maar nie vergeet hoe die son warm geskyn het oor haar bosveldhuisie elke geleende somersdag so warm en knus in die winter haar kinders […]
Herfshart
Onthou jy die eerste keer wat ek besef het my laaste woorde vir jóú het opgedroog; jou laaste glimlag het ook na stof gekeer toe die eerste haan drie maal kraai. Onthou jy hoe herfs haweloos gehuiwer het; voor hy sy verkleurde vingers om jou hals kom hang het — winter was bleek (soos was) […]
Klein Rook
Klein Rook Ek was skaars sewe jaar Ek het my pa se sigarette gewaar Dit was ‘n groot lus Wat ek nie kon blus Ek sit een in my mond Steek hom aan soos ‘n lont Met ‘n gehoes en ‘n geproes Was die rook in my longe woes Laat in die nag Word ek […]
Bloedmaan en blues
Had ek maar net die woord’ kon vind om ‘n vers vir jou te skryf in daardie koue voordag uur, dan sou ek oor die maan wou praat – vroeg die oggend – minute net na vier. Ek sou jou kon vertel hoe roes ‘n maan kan rooi (neffe môrester wat flikkers gooi) en dat […]
My ma se huis is bottergeel
Mamma, in jou tuin is daar ‘n plek waar die son opkom. Sy vly haar strale teen die mure van jou huis, haar lig vloei by jou kamers en jou gange in. Snags blink die maan bo jou woning – ‘n vol maan wat nooit sy glans verloor nie. Sterre dans en strale krans om […]
Kom saam
Ek wil jou saamvat na waar ek nog gedroom het toe my asem nog jonk was en die wêreld oud. Ek wil jou wys waar my hart so geklop het onder die weskus se helderblink goud. Ek wil jou saamvat, na daar waar ek vry was, Na daar waar geluk was, ek in Eden se […]
Gabriel se lied
Sy kyk hoe hy wegstap (die wind uit haar asem slaan) ‘n hele orkaan tonnel om hulle: grys verkleur na wít die heem’le gil sag terwyl Gabriel sy vingers oor ‘n harp streel. “Hoor my lied elke woord is uit suiwer goud gegiet.” Sy sien hoe haar hel transformeer toe hy, herlaas omdraai; lank na […]
In blye verwagting
Half deurskynend breek die dag onder ‘n sekelmaan wat sag lag gedagtes embrio in haar prenatale kop, ongebore woode vlek haar denke — (egalig en rasionaal) drup deur haar doudagdrome dis hier waar haar stiltes vrede baar; eggo’s nalaat wat realiteite vol asem blaas, want met Sy genade kan sy leef streef selfs tot by […]