Die pers heks van Blommeland skryf ‘n liefdesbrief
My liefling – dit was lente en ek wou net laf wees (dis maar al) ek wou bloeisels ruik en lelies pluk waar hul wit kelk langs die stroompie teen die skuinste van die wal en ek wou gaan waar die daisies dans oor die vlaktes van Namakwaland en êrens tussen sand en klip weer […]
Ek Was Daar
Ek Was Daar My laaste vakansie was soos altyd op die plaas die enigste plek waar ek ooit volkome geestelik ontspanne kon rus, maar die plaas was verkoop – – – Ek was daar toe die pragtige trop Rooi Afrikanerbeeste kom laai was, Ek was daar toe die vee deur die rivier trek met die […]
Daar’s net iets omtrent ‘n Sondag
die son val deur my ruite en maak patrone op my bed met tak en blaar . . . en vêraf hoor ek kinders wat in die strate van Brackenfell baljaar daar’s krieket op die tv maar die radio speel nog steeds klassiek die wind is net ‘n roering en die duif in die […]
O, die donkie is ‘n wonderlike ding…
Oorlede oom Chris Blignaut het die donkie besing as ‘n wonderlike ding. Ek glo nie saam nie, want mý ken van donkies is dat hulle soms satan troef met die verneuk van die mens se siel. Gaan vra maar ons jongerdae se Boerseuns wat nog kan onthou van donkie ry tot bliknêrs toe. En Oupa […]
Blyderverwacht, Geboorteplaas
Blyderverwacht my Geboorteplaas (Droogte en Depressie van 1933) Blyderverwacht my geboorteplaas het onder ‘n knellende droogte gebuk gegaan en ook die depressieswaard van 1933 vorige eeu – – – Mens en dier het versmag onder die bloedige son alles was reeds verdor en verskroei geen weiding meer diere het gevrek en geen staatshulp nog beskikbaar- […]
Alles Het Nie Verander
Alles Het Nie Verander Uitdrukkings raak verouderd want tye verander alles raak moderner maar nie alles verander nie— Die liefde het nie verander nie en die oë lonk en lag nog soos van ouds ook haat afguns en nyd is onveranderd want die oog se woede nyd en veragting skroei en blits oor geslagte heen […]
Oogwink
Onverwags het tyd ophou wag en het wysers gebuig vir my begin lag sekondes skop teen minuut mure en my horlosie tel jare in ure voor ek myself kon vind het ek my aan tyd vas gebind en sien ek myself oud in die oë van ‘n kind
Winterse Verlange
Winterse Verlange Dis ‘n warm somersdag maar daar is ‘n winterse verlange in my hart, ‘n verlate uitgestrekte doodse yslandskap kaal gestroop, alles onder ys begrawe, en so lê almal en alles dierbaar al oor dekades heen— Nuuskierig gaan ek toe my verjaarsdaglys na vanaf Januarie tot Desember en vind by so baie name is […]
Wie sou? …
wie sou jou hand kon vashou en prentjies daarin skryf as dit ysig koud is hitte soek teen jou warm lyf wie sou vir ‘n drukkie vra elke minuut van die dag woorde van liefde met jou praat al is dit laat in die nag wie sou hul arms om jou sit om jou baie […]
Vrede in Suid-Afrika
Gee ons net ‘n stoute Van Der Merwe grappie, die Onse Vader op ‘n Sondag middag voor ons, ons gekookte boerekos geniet. En soos water van die eend se rug af, word ons volk elke dag in hierdie pragtige land gestraf, met geweld, moord, martel en arm wees, so die meeste van als, gee ons […]