My Verjaarsdaglys
My Verjaardaglys Ek wil my verjaardaglys oorskrywe want die almanak lyk al so verweerd en ek gaan ‘n baie dun boekie oorhou— Baie is al heen en ek vertoef by elke verjaardag ‘n wyle en onthou duidelik elkeen se liggaamsbou, gelaatstrekke, die oë, mond, stem en lag, hande wat so saam kon beduie asof ons […]
DIE JAAR SE DRUKGANG
Die jaar se drukgang het my vanoggend kom aanjaag tot by die lewens kraal waar ek saam met die 12 maand saamloop troppe wag by die yster spoorweg trokke wat my met gekletter-klap staal wiele tot by die slagpale van nog ‘n jaar gaan lei Ek stamp en stoei soek vir my ‘n voorste plekke […]
Jy ken my pers
Jy koester my in teder sillabes van jou stil-verstaan kom plant vir my blomme in ‘n vergulde Lunabaan – wys só dat jy my psige kan vertaal. (Gemeet op ‘n skaal van een tot tien het jy tóg my binnekant verskuild gesien) Dan as moegheid soos ‘n ou-ooi gaan lê kronkel jy my toe in […]
Ek wens … {dat wense waar word} …
ek wens ek het geweet ek wens ek het verstaan ek wens ek kon sin maak waaroor alles gaan ek wens ek was ‘n siener ek wens ek was ‘n iets ek wens ek kon reënboog toe ry op ‘n tandem fiets ek wens daar was ‘n uitweg ek wens daar was net raad ek […]
Herfse Lente
Herfse Lente Dis September, lentemaand, verjaardagmaand vir drie in die huisgesin wat dit reeds aan die anderkant vier— Paar vriende se stemme is ook stil, wag nie meer vir my oproep hier nie en ek voel hoe ‘n herfse lente toesak, ‘n verlange na almal wat koulik insluip want hul warm plekkies in my hart […]
Lentedag-ode aan Arno
Lentedag-ode aan Arno Ek het iewers oor vele jare my gawe van woorde verloor. Dinsdagaand in ‘n swetende stadsaal in die Strand besef ek dit eers toe Jak de Priester se woorde so mooi sing en iewers in my siel weerklink. Weliswaar wou my honger maag fikseer op die wit bakkie polistrieën-pannekoek in die hande […]
My dagboek oor jou (5) …
My dagboek oor jou (5) … Vandag lê my hart kaalvoet. Sommer hier in die grondpad wat langs die huis verbyloop. Kaalvoet omdat daar niks is vir ‘n bietjie beskutting nie. Kaalvoet sonder enige verweer of beskerming. Hoekom? Ek het ‘n boodskap van jou gekry om te sê jy weet nie of en wanneer jy […]
Iemand soos jy
Jou woorde ruk my rustig Jou gedagtes hok my vry Ek kyk bang vir jou, verlief Ek wag opgewonde vir die seer Jy is jy Lieflike onrus En ek, wel, ek soek myself nog
Sinker
As jy my vergeet – Onthou net wat die seer jou geleer het Anders was ons vir niks
SHOWVILLE
dis Showville in Bethulie en die hele dorp is daar op stoele netjies uitgepak – in rye – langs mekaar daar’s ‘n poet en ‘n sanger en drie rappers wat moet spook want die vyfman wat pantsula dans die houtvloer aan die rook maar buite in die kampkerkhof tussen graf van kind en vrou sit […]