ut nulla cupiditate afficiatis
– mooier as lewe is sy emosies raak verdring my hart gee bokspringe al was dit reeds oop gekerf mooi en rein bly altyd mooier saggies en teer soos ‘n veer bewaak tog my hart o Heer teen versoeking wat soek teen emosies so ongetem dit wat gedagtes ontstem elke gruispad se klippers wat my […]
ONTDUISTERING (BRONS)
ONTDUISTERING Wat is dit dan waarna ons almal soek? Nat vingers knyp geel blaaie in die Boek. Antwoorde wil ons so desperaat hê: op leeg en doelloos dwaal, wat droom vervloek. Waar hol jy heen as harwar jou pooitjie? Kry jy raad by ’n kreukelhandgrootjie wat jou trane dep tot jy asemskep? Bestuur die Groot […]
OP JOU BORSKAS (goud)
As ek vannaand my kop neerlê mag dit op jou borskas wees want ek is bang bang vir myself bang vir Eskom se donker bang vir ons eie Afrika bang vir ‘n heelal wat heeltemal te veel geword het ek is bang omdat ek ‘n vrou is bang omdat ek hier is bang vir skadu’s […]
Skakerings van winter (Silwer)
Met die nanag se sterwensuur het jy ons karos afgeskop en gepleit: “staan op my lief, kom kyk vóór die die winterveld se skoonheid na sonop weer verbleik!” Hand-aan-hand met die vleiland langs waar Verloren Vallei idillies (stil)lewe het jy my deur die veld gelei – my oë het betraand van die koue gebrand – […]
Oorlewing
Oorlewing Kruipende koue teen my rug hitte-loos alleen murglose binne gevries, ruggraatlose skelm skimme. Gedroogde ys murgbene flenters gestampte skene slenterstukkies speel met hartpsige konflik. Geraamtes wyd gesaai, innerlike boei Houdini van haat se werklikheid denke en psige se vryheid. Siellose maatbeker, vol verraad, vernietig soos ‘n vis se luglose asemsnak vlugtend op damwal. ©️ […]
Binne seisoen (goud)
En nou weet ek ook dat my somer en winter hand aan hand kan loop. © MEI 2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Oorlogs Rubriek vir ‘n soldaat
sy dood was nie… die van ‘n martelaar of een van ‘n vervalde stad sy dood was nie… soos vorige helde gefeesvier op ‘n sonskyn dag. sy dood was nie… sagte vuishoue of stomp messteke of dalende vuurpyle oor ‘n hospitaal besoek nie, sy dood was nie… verniet of doelloos tussen al die puin en […]
Hoorsê
Hoorsê af en toe hoor ons ‘n stem galbraak neurie hy ongetem presies op noot sy hoongelag kompleet met twyfel ingewag sonhelder skilder hoop ‘n nuwe dag oor hooggebergtes straal jou glimlag dan bulder riviere weer in fluviale vloed woorde skiet op teen weerligspoed herwinde ink val neer soos ‘n stormbui kontinue hoorsê jou verniet […]