Oktober 2021 – Akrostiese projek
Beste INKers Hierdie maand gaan ons die Akrostiese kuns in ons werk ondersoek. In Akrostiese digwerk sal die eerste letter in elke sin ‘n spesifieke woord versteek. Dit is nie juis gebruiklik in Prosa nie maar ek gaan probeer om daardie afdelings ook bietjie interessant te maak. U opdrag dus: DIGTERS 1. Skryf ‘n akrostiese […]
Augustus 2021 – As die blare val projek UITSLAE EN KOMMENTAAR
Baie geluk aan hierdie 10 Lede!!! WENNERS: GEDIGTE: GOUD: 1ste: No 17 Andries Fourie met Herfsgeid 2de: No 8 Caren Kearley met Soos’n blaar wat val 3de: No 7 Anzè Bezuidenhout met Berke-polka SILWER: 1ste: No 20 Driekie Grobler met Met laaste groet … 2de: No 9 Morne du Preez met ‘n Dag vir droom […]
Julie 2021 – OOP Projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 14 lede! WENNERS: GEDIGTE: GOUD: No 19 Anzè Bezuidenhout met Vier-honderd-en-90 No 23 Caren Kearley met Soms No 21 Andries Fourie met Gister SILWER: No 2 Morne du Preez met Liefde is soms ‘n geveg No 27 Elmarie Nienaber Van Kampen met Lewe No 7 Morne du Preez met Droomtrein BRONS: […]
September 2021 – Positiwiteits projek
Beste INKers Ons is op die drumpel van lente, alhoewel dit op sekere plekke in die land nie werklik so voel nie. Hierdie maand se projek het nie ‘n spesifieke tema nie. Ek wil almal tog versoek om die toon van jul inskrywings só te kies dat die wonder van belofte, groei en die lente […]
As die blare val
As die blare val ek staan en kyk hoe die herfsblare in ‘n simfonie van kleure na benede val, terwyl die son en en wind ‘n pas de deux deur die bome se takke dans, loop girts – girts oor die droëe blare, kyk in verwondering na die persiese tapyt in kleure van geel, roes […]
Herfs beloftes Silwer
Blare dartel soos uitgelate kinders aan die soom van die westewind – volkleur vlinders in ‘n maalkolk vasgevang, roesbruinprisma dwarrel, spiraaltuimel na benede; dit is herfs – en in die knypwindjie sluimer ‘n melodie van somerbeloftes in skaamrooi laggies wanneer die blare tuimelval
Afrika
Êrens in my land: Oranjerooi vlam die son asemwegslaanmooi oor ‘n rant se kant. Afgeëts staan stil ʼn silhoeëtte onder ʼn doringboom … STOP! ? ʼn KOEDOE? SWARTWITPENS? ʼn RARE FONDS? Êrens in my land: Vuurrooi brand ʼn band, op ʼn pad, borrel swart rook in haat en woede. Afgeëts dans jillende silhoeëtte met stokke […]
Vriende Silwer 725 woorde
My eerste dag by die skool. Die keer aan die ander kant van die lessenaar. Ek laat my oë stadig oor elkeen van die groepies geselsende dames gaan. Nie een doen eens die moeite om te kom groet nie. Dit pas my. Ek kry die kans om elkeen van hule afsonderlik te oordeel. Die kaf […]
Kringloop Silwer 374 woorde
Hand aan hand stap ons deur die aftree-oord se strate. Die son smelt in herfskleure oor die bruin tëeldakke van die tweelinghuisies. Huis Herfsblaar. Genade, kon hulle nie eerder Huis Lentebloeisel, of Groen Koringaar gebruik nie. Herfsblaar. Vaal, dof en nutteloos. Ek swaai ritmies Lafras se hand. Dat ons twee nou so op die vooraand […]
persona non grata Silwer
Ek is enkeling, uitgestoot – velore – verdwaal iewers tussen nêrens en niks, naamloos in ‘n wêreld vol haat. Diep en donker weggesink – val daar ‘n enkele blaar op ‘n houtkis, geen blom geen traan, ek is – persona non grata in ‘n wêreld vol pyn. Ek is vry.