Desember 2021 – Metaforiese projek
Beste INKers 2021 is metafories op haar rug. Almal begin om stadig af te wen en daarom gaan die opdrag hierdie maand eerder in die kleine ook ‘n bydrae lewer tot beplande ontspanning. Die projek is geheel oop en ontneem van alle voorskifte. In welke afdeling jy ookal deelneem, is dit net jou verbeelding wat […]
oorwinning Silwer
ek dans in die veerligte lenteblomme teen die hange van die heuwels sag soos die dou van gister se manna op die growwe sand ek sing ‘n lied van oorwinning oor die duiwels en die drake wat verlate op die horison aan hul wonde sit en lek ek triomfeer oor gister se distels en gister […]
Grootste liefde
jy het my hart gesteel liefiekind sommer so in gekruip liefiekind ek sal jou altyd liefhê liefiekind ©Anita van der Walt
Grillerig
slymerige anglisismes kwyl uit die mond van hensopper-afrikaans soveel só dat die potlood puntbreekweier om dit te skryf; gate in papier druk om nekhaarrysend te gril ril en stil dié “afrikaansslym” uit jou oë te vee koorsig gryp jy na Opperman, Krog of Schoeman en suiwer nuutskeppinge skoenmaker hou jou by jou lees tuis soos […]
September 2021 – Positiwiteits projek – Uitslae en kommentaar
Baie geluk aan hierdie 10 lede! Hierdie lede se werk word ook opgeneem in die Biblioteek onder Projekwenners GEDIGTE GOUD 1 ste No 16 Anzè Bezuidenhout met Metamorfose 2 de No 21 Anzè Bezuidenhout met Die lied van die reën 3 de No 17 Andries Fourie met Karooverlange SILWER 1 ste No 19 Amanda De […]
November 2021 – OOP Projek
Beste INKers Die einde van 2021 rol nou vinnig nader, en om ons kreatiewe spoed ook so effe halt te roep, is die November projekopdrag ontneem van alle voorskrifte. Jy kan hierdie maand, in welke kategorie jy ookal deelneem, totale vryheid omboesem en sonder voorskrif, reëls of vasgestelde tema deelneem. Laat Afrikaans haar vlerke sprei. […]
Werfkotiljons * (*ook gespel – werfkotteljons) Silwer 208 woorde
Oktobermaand. Die mooiste, mooiste maand. Leipoldt het nie in Alberton gebly nie. My grasbesem lyk asof dit deur die weerlig getref is. Ek vee elke dag die agterstoep om te keer vir die gras en blare wat kinderlik in die wind baljaar. Stof lê duimdik oor elke vensterbank gespoeg. Dit is asof die wind my […]
Kling, Glöckchen, klingelingeling
(Woordtelling 609 – Silwer) Ugh, Kersfees… Maar nee wag, daar is niks fout met Kersfees nie, maar die oormaat blink balle, stringe en stringe tinsel wat grillerig beweeg wanneer jy daarby verbystap, plastiek bome – van piepklein na dakhoogte-groot, sommige sommer klaar versier met strikke en liggies, irriterende klingelende musiek, is als genoeg om my […]
Oktober trane Silwer
Onder die treurwilger bloei ’n roos Kromsteel opgedraai na die son Tranespikkels Oggenddou Blink soos diamant Elke roosblaar Roesrooi druppelnat
OkMooi
Orante of leeubekkies kry skalkse kyke terwyl hulle huppel in die wind. oor Oktober hulle blomme laat bloei en hulle reuk laat rol oor heuwels heen.