pyn in die puin (SILWER)
pyn in die puin weervoorspelling en berigte van swaar reën goeie neerslag word altyd gesien as ʼn seën huilend die wind wat bome grondwaarts buig stygende strome water wat stilweg getuig: ergste natuurramp in heugenis van die mens alle oë gerig op Durban: in die wêreld se lens “word wakker! kom uit die huis!” doodsbenoud […]
Koersvas
En toe word jy ‘n koersvaste maan wat ook soms wassend (vyftien minute) in kwartierfase gaan maar God sal jou help om jou mikpunt te vind mits jy Hom vertrou.
Sinlik belustig (goud)
Met haar drome nog styf teen sy hart vasgemeer het sy nardusolie aan sy voete kom smeer plaksels van sy siel het een-een afgedop gister se newels het om hul stof opgeskop sy asem het wild-warm in haar nek geblaas ‘n hele wye wêreld het in haar kop begin geraas helder in haar eensaamheid het […]
Spookvoel
Spookvoël Geskryf deur Fanus Strydom April 2022 Woordetal 1550 Malaconotus blanchoti Gryskoplaksman Soms kan mens, vroeg op ‘n koel wintersoggend in die laeveld, die hartseer roep van ‘n Spookvoël hoor. As ‘n mens mooi luister. ‘n Vêr-af weeklaag, iewers diep vanuit die digte ruigtes, en tog terselfdertyd, ook so indringend naby. Hy word selde gesien. […]
Afvallige
Geskryf deur Fanus Strydom Reëltelling 12 Vasgestelde rympatroon Afvallige oop lê die sandvlak en uitlokkend voor my weë wasig en verlate die horison se lyn toe vir my om díe verbode grond te betree verraderlik en dwaas ten spyte van my pyn oop onder my voete tuimel die kranse na benede gulsig om my vir […]
Sienblinde Oog
Sienblinde Oog Die oë wat kyk wil nie altyd sien sienblinde oog beelde opgedroog vertonings van blindwens drama op my verhoog ©️Wendy Leigh
‘n Gelykenis van die mag van jou tong
‘n Gelykenis van DIE MAG VAN JOU TONG Vuurbestand my verstand teen uitlatings hitsig aan die brand Jou blêrkas raas nogsteeds my ore doof terwyl dit klankgetrou my van ‘n selfbeeld beroof daar was oorgenoeg mag in jou woorde skaamteloos duelleer jou akoorde Gewer van gewelddaad binne jou gloei daar hatig dade wat my welstand […]
wagtende wieg (SILWER)
wagtende wieg o, die opwinding is so groot, die vreugde! met swangerskaptoets in geskenkverpakking het ek die nuus oorgedra met sterre in my oë ons ouers wat groot-oog in blydskap deel een grou grys oggend ontwaak ek met sombere gevoel … iets is nie heeltemal pluis nie en met klemmende kommer is ons na ons […]
Besoedeling (goud)
Wat kan ek doen om dit te stop wat maak ek met die seer van die aarde en ander se harte wat kan ek sê wat voldoende sal wees iets sonder die verkragting van gaia, mens en dier iets wat alles en almal kan red want ons verwoes mekaar. Wat maak ek met hierdie pyn […]