JY IS DIE ROOI VAN MY KANNABOS
soggens met songroet as ek my van jou moet speen sien ek die uitspansel in jou oë ontkiem wanneer jóú hande reeds reikhalsend na die strepiesmaan agter die newels reik maar dis jou kyk wat my inkatrol na daar waar die kannabos bloedrooi blom © Anzé Bezuidenhout
Die genot van ‘n kykpartytjie (Brons)
Vanoggend was die sonsopkoms vir my asemrowend mooi en dit het my ver laat terugdink aan ons kinderjare op Oupa en Ouma se plaas. In tye van afsondering dwaal mens se gedagtes nogal baie terug na die ou dae, die dae van ware vryheid en dit hou mens aan die gang. Vir meeste van ons […]
LEEF LIG HIERDIE SOMER (Brons)
Met die aanbreek van ‘n nuwe seisoen is daar altyd so ‘n afwagting in die lug, veral na die winter. Die afgelope winter was, soos alle voriges, maar koud en dood vir die meeste. Maar … 2020 se winter het eise gestel bo almal se verwagting. Tog is daar mense wat floreer in die winter. […]
Bloed kruip, water loop
Bloed kruip, water loop My broers is saam my deur dik en dun, al praat ons soms maar min. Wanneer ek hul wolkpos met probleme, is hul gou op, met hul ondersteuning Ek`s ouer as die ander drie en tweede is langste van vier. So is daar `n tweeling, stoutste van almal hier. Ons is […]
Die kersboom van my hart
“Dolverlief,” het my ma gesê toe ons saam onder die sterre lê … die knusheid van ons samesyn broei herinnering in my gemoed van soel somersdae se luilekker ontspan op die stoep oor jare het ons vermeerder ‘n kroos van drie plus sewe vrolike familiekuiers om die kerstafel met kinderlag besprinkel ons lewe vir niks […]
Oupa pa en die denneboom Silwer (699 woorde)
Vir die wat my nie ken nie, ek het ‘n groot fobie. Daardie vet boepens mannetjie met die rooi jas en die paashaas. Nee, nie ‘n fobie nie, ‘n renons. Elke haartjie in my nek vlieg penorent wanneer daardie twee dit in my rigting waag. “Wyk satan, terug warmplek toe met jou.” Ek besweer hulle […]
Desember Haiku Silwer
Liggies flikkerblink bont almal dra geskenke aan dit is kersseisoen
Soos die see (goud)
Moenie weer woorde oor my gooi of jou asem stadig teen my afblaas nie want hier by die see moes ek alles vir jou gee die wind in my hare die strand op die wand van my hart ‒ selfs die sandbank in my siel alles moes ek net so vir jou gee my skulpies […]
Oer oue liedjie (Brons)
Daar is ʼn liedjie wat mense steeds wil hoor die oer oue note wat vir eeue die mensdom bekoor sal hul na luister oor en oor die instrument ʼn Skeppingswerk immer nuut met ʼn suiwerheid van noot eers word jy jou gewaar van die groeiende bariton klanke al harder en harder totdat dit forte met […]
Dryfhout uit die stormsee – Silwer
uitgespoeg op korrelsand weerloos teen die son dor verbrand alleen moeg geveg teen die klotsing op die rotse en die strand dryfhout nikswerd stukkende mens tog kan daar met aandag uit ‘n kunstenaar se hand ‘n liefdesoffer genereer sal die uitspoel weggooi dryfhout in nuutskepping floreer