Oestyd na droogte (goud)
Het ek my verbeel of het jou kruiphand my middel omsingel — jy my lyf lankenlangs nader getrek tot duskant jou horisongrens diep verby jou ongetemde binnewand het ek my verbeel of het jou woorde te swaar geraak tussen die veldblomme wat jy in hierdie ontspoorde oestyd so gereeld in my vlegsel druk terwyl ek […]
Ek wil lewe (goud)
Vat my enige plek saam met jou enige plek weg van hier enige plek waar vergeet kan verlig ‘n plek met purper plesierighede soos in die mik van jou arms of oor die heuwels van jou heupe waar jou hande veilig oor my kan veld ‘n plek waar buite ‘n binneding raak waar net ek […]
My land, my lewe, my liefde Silwer
Ek ruik die rooi in die grond van my vaderland terwyl die son oor die veld en die horison brand en kwagga en wildebeest stof opskop in die Namib luister ek na die grys kwêvoël se gesanik en oor die kranse en klowe word ‘n nuwe dagbreek belowe
VINCENT VAN GOGH – MAL, OF BITTER ALLEEN?
Dis laat-laat in die aand en iemand deel die liedjie Vincent, dalk beter bekend as Starry, starry night. Behalwe dat dit mos ‘n hartroerende mooi lied is, is dit so al asof die woorde so ‘n soort van ‘n krapperigheid in die keel veroorsaak – so al asof jy skielik so half moet kug-kug om […]
Abrahamsoffer
op die sandvlakte van die Kalahari pryk ʼn houtaltaar – die baldakyn van gras onwetend in afwagting vir ‘n opdrag van die oppergesag om op ʼn bepaalde tyd en sabbat sy Abrahamsoffer te laat ontvlam onskuld met ootmoed te verswelg tot roet en as geen plaasvervangerlam of offerbrood vir dié spesiaal voorbereide liefdegawe hierdie keer […]
VROUEMAAND – ‘n Gorrel vir ‘n Vrou
VROUEMAAND ‘n Gorrel vir ‘n Vrou (Brons) As kind kon ek nie wag om eendag ‘n vrou te wees nie, want ek wou tog my eie keuses maak, my eie uiteinde kies. Nou is dit daardie keuses wat mens tot allerhande ander goed lei. Deesdae vra ek myself – wat is vrouwees regtig? Dis nie […]
HAAR BREINGEWAS GAAN GRYS IN MEI – asook in Vrouemaand
HAAR BREINGEWAS GAAN GRYS IN MEI (Brons) (Artikel gepubliseer – Maroela Media & Republikein. Vir vrouemaand is sy weereens die perfekte heldin.) Dit was die begin van die einde van ’n lewe soos sy dit geken het. Met Sylvia Lewis, née Faber (toe 31jaar oud) se eerste konvulsie het sy nog nie geweet wat die […]
VITAMIEN VRIENDE
VITAMIEN VRIENDE (Brons) sommige vriende is soos energie vitamiene in die oggend hulle gee jou ‘n ekstra huppel in jou stap ‘n bietjie meer vooma in die lewe sommige vriende is soos sonskyn in winter wat prikkel op jou vel terwyl die winterkoue jou aan jou enkels byt gee hulle jou meer as net ‘n […]
MEDE-OUERSKAP
MEDE-OUERSKAP (Brons) lewenspad deurdenk haarfyn beplan oomblik van eersteling reeds weggeneem was dit beplan of was dit per ongeluk wonder twyfelend steel ‘n gesonde verstand verlief verloof in ‘n wêreld van bekoring kies jy die man met ‘n ander vrou se kind min wetend wat die pad sal inhou soos soldaat geveg geklee in wapenrusting […]
Seisoenaal
ek was jonk en vry het in die lente waaghalsig rinkink kommerloos en dartelend gesystap elke stormwind om met volheid van somer tot volwassenheid te groei drome gejaag, potensiaal bereik uit vrug saad geskiet waarmee ek trots pryk met taan van groei is my hande deur herfs geboei laag vir laag my menswees geskil om […]