31 Desember 2018
(goud) Sy is lief die berg, sê sy – die see, die lug, die blou, die meeue wat teen storms beur, die reuse vlieërs – bont seile in die wind. Sy sit dikwels op haar bankie; kyk na die skepe in die baai. Kom skemer skyn hul dowwe liggies deur die mis. Haar oë […]
My Gebed Vir Jou
Ek bid vir jou… ‘n bietjie sonskyn op ‘n reëndag, ‘n druppel vreugde vir jou pyn. Ek bid vir jou… ‘n lepel vol van liefde om die hartseer weg te weer, ‘n skeppie vol van vriendskap om die eensaamheid te keer. Ek bid vir jou… ‘n hoëveld donderstorm om jou aarde nat te lei, ‘n […]
Bitternag
Ondier, ondier my ding die mislug skitter hemelhoog die sekelmaan spook oor die berge jy sit saam met Elia onder die besembos en kla oor te veel van genoeg en te min van te veel ek strek my hand na die nag en pluk die blinkste ster vir jou met kleure en klanke geur ek […]
Hand aan hand
Voor jou pad té nou raak mag ek maar entweg saam met jou te stap om jou hand styf vas te hou tot by die laaste groot boom tussen die hemel en jou hel want my kop is nog vars en vroegsomer lê saam met jou kaalgestroopte laatnag woorde sekeldiep teen die horison van my […]
Vir ‘n reënroeper
ek stuur vir jou ’n donker wolk vol genade uit die Kaap; ek weet jy weet wat ’n mens met so ’n wolk moet maak – jy steek jou arms uit tot jou hande daaraan raak jy bid en jy sê dankie… net voordat jou vingers vol riviere daaruit raap © Carma Shaw 19 Desember […]
Die “Vader van Motivering”
Dr Wayne Dyer, ʼn psigoterapeut, skrywer en motiveringspreker was in 1985 aangewys as een van die ses mees prominente Amerikaners. Met ʼn totaal van meer as 40 boeke (21 daarvan New York Times beste verkopers), ʼn skrywersloopbaan wat oor vier dekades strek, 5,200 radio- en televisie optredes wat Oprah, The Today Show en The Tonight […]
Verslane loutering
my menswees se loutering lê in die blou weerkaatsing van my oë – in die klop van my witsandhart soos ‘n eggo oor die ronding van ‘n duin daar waar my drome toegewaai lê loop my spore afge-ets op klam sand onder soutlug as nostalgie my na die bloudam jaag soekend na lang vergete illusies […]
As My Pen ‘n Kwas Was
As my pen ‘n kwas was en die letters was die kleure, watter prentjie sou ek skilder? Hoe sou my hart kon lyk? Sou liefde helderrooi kon wees of pienk of dalkies blou, of sou dit helder geel moes wees omdat jy daarvan hou? ‘n Kaleidoskoop van kleure vir ons vreugde wat ons soos ‘n […]
Mag Ek Jou Vra?
Mag ek jou vra hoe lief jy vir my is? Wanneer die swart verdwyn en al wat oorbly is die silwer op my hoof en as my kragte my verlaat om als vir jou te doen soos wat ek so graag wil, en as die dag dalk kom waar selfs jou lieflike gelaat vir my […]