inloop-teater
my duin is ‘n sitplek sitplek inloop-teater jare gelede se skater grawe ek en ontdek terwyl golwe voor my breek sweef gedagtes baie ver terug eensame dae van soek en nie vind dae van ontdek sonder tevredenheid sommer vroeg al gekwes en geswind sorgsame retrospeksie deurgeswoeg ewige optimisme ontdek sukses storm aan op uitdagings verworwe […]
Die liefde IS
Hoe die liefde werk – dit wis ek nie; ek weet net dat sy IS. Soos tye en soos ruimte, soos oseane en soos land; soos lig en donker wissel, soos gebergtes, klippe, sand … soos kraters wat gekerf is in die ronding van die maan en soos die lawa wat smeul in die hart […]
kinders vasn kus
suid van riviere van kus bloei daar ‘n land met voorspoed kultuur gebonde godvresende volk oormag van liberale invloede laat struikel elke instelling verrotting vanuit kern leë sinnelose sentrum van binnegevegte waar mens nou middelpunt vorm op sy duin sit filosoof geborge geloof siniese oog kyk skerp maar nooit veroordelend uit woestyn se droë sand […]
R.I.V.
spierwit lê leë witmossel skulpe skoon gewas in soutwater deining geskrop deur sandbedding en rotse leë halwe doppe van die verlede wie onthou die glibberige slak met voelers wat daarin was byna geen spoor van hom spierwit lê sand bestrooi oral in weskus tuine op randakkers om mooi te lyk so lyk wit kruise ook […]
vroom
soos room spoel die wit-watersoom maak strepee op strand en sak weg soveel golwe, soveel wit-streep-some borrelende genot vir oog om te sien saggies drup en waai miswolkies oop soggens se genadige koelte-kombers maak droë duine klam en aangenaam laat skaam voëltjies skelmpies kwetter oor duine kom kombuis geluide gesweef elke vlaag wind van see […]
Tortelduif
tortelduif jou mooi duif jy wat uitgesoek was jou vlerkies oopgespruit koer jy langsamerhand elke dag bewonder ek jou terwyl jy pik op die grond mielies en broodkrummels geniet tussen druppels dou vroeg in die more met die son se lig word jou eerste koer koer gehoor verlustig ek my in die oggendlied my wakker […]
Die man wat ek liefhet
Die man wat my liefhet slingerpad deur veld en gras en die fynbostakkies wat – net gister nog – sonder blomme was bloem welig in ‘n welkomsgroet. In die fluitsang van suikerbekkies klink ‘n blye weersiensroep oral waar hy ou bekende paadjies loop en – met sy hande – ryp sade van graspluime stroop. Die […]
sweep het geklap
wanneer die sweep klap beur die osse vorentoe begin die wawiele rol soms is daar eers onervare osse wat strem en ruk: ons Vader tugtig diegene vir wie Hy lief het; werk saam beur vorentoe Sy las is lig want Hy het dit reeds gedra ©Teárlach
Vandag
Tussen gister se bittersoet verby en môre-beloftes wat miskien mag of dalk nooit sal ontwaak staan ék weer hier langs jou tevrede in die hier en nou V A N D A G in ons hande toegevou Sonder terugkyk of berou sonder verwyte wa