Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Seëninge"(Bladsy 50)

Vaderlandwilg Hierdie ou vaderlandwilg se druipende takke winverwaai deur jare verstrengel geknoop briesbuig en wieg soos ‘n ou man wat bieg Vergifnis vra ek wind jy het my so gewaai my lewenspad geteken in elke tak se kronkeldraai dankie vir reën se voetewas dankie vir die steunstok se stut ek’s hier geplant en leef deur […]

As die nag-uur se stiltes oor Karoovlaktes draai en die voëls se kwetter sagte nagsê tjirp-geluide word wyl die skittersterre een-een hul sitplek inneem dan loer die maan versigtig met sy roes-rooioog oor grys platkop heuwels en uitgestrekte rante my voete die strate van die stille Orania wandel ek in ontsag vir die Hemelse heelal […]

donker bruin golwende hare sonder skeet of plooi oor jare guitige glimlaggie gaan jou vooruit netjiese vier houdinkie en flinke stap volbloed boere nooi so na my hart haal jou deugde uit en wys ons het jou nodig ounooi ons kinders raak min soek versekering seën vir jou en die wat jy grootmaak ©Teárlach

“skoonheid lê in die oë van die waarnemer” of lê dit dalk in die oë van die bekykte gesigte word vertoon in die media om jou na webblaaie te lok waarheen jy ookal gaan word gesigte gebruik gesigte vir fantasieë gesigte trek aandag om geld te maak hoekom gesigte waaroor gaan die aandag gewoonlik word […]

VERJAARSDAGGROET 2018 Dag-ook, alle vriende, bekendes en onbekendes, ek en Dietrich wil julle alles van die beste in ons nuwe jaar wens. Mag julle seën van bo en sukses hier op aarde beleef. ☆ ✲ 🕆 ☽ ☆ Deur goeie Magte getrou en stil omgewe, behoed en getroos so wonderbaar, so wil ek hierdie dae […]

agter my serebrale oë drywe daar sereen ‘n melodie serie van musieknote gekas en wyd serebellum van my bestaansewewig gesketter van breingolwe wat skal geskenk van Allerhoogste gesinchroniseer om te presteer onverstaanbare chemiese taal wat innervasie slim vertolk innige gedagtes veilig stoor soos polifoniese musiek van dertiende eeu bergkettings van bestaan om op hoër vlak […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed