armoede
kinders klein met skurwe hakskene barstende tone in spierwit ryp stap hulle skooltoe en hoes heeltyd neusies loop strepies oor vuil gesigte neëntien vyftig was begin jare van “baby-boomers” meeste het maar swaar gekry na die oorlog meeste het met meelsakbroekies geloop meeste het maar op pap en sous gelewe meeste het opgestaan en sukses […]
Waar sal die beeste wei
dis iewers op ‘n plek, heel van mens verlaat – daar waar winterbome met die vaal gras praat; êrens in die Vrystaat, waar ‘n dam nog blink – daar waar die son haar lig in die water skink © Carma Shaw 2 Februarie 2018
donker son – rooi maan
dag het rooi gebreek in die ooste purper rooi misbanke gevorm geverf met hemelse kwas maar toe word dit nag verloor son sy krag maan word sigbaar sy glans soos rooi bal skemer vir mens en dier weerligte verlig uitspansel donker wolke versprei en vloei sodat mense wêreldwyd dit sien mense kruip in gate en […]
ouma vertel
vaalgrys tente modderige voetpaadjies stofstorms voor die reën in tente gebind alleen mammas kinders oumas oupas vermaar en verguis jong vroue verkrag verag nag geluide slepende kettings spore uit te wis om kampdrade huilende siekes hoesende longe murmurerende stemme wat Bybel lees in Hollands roerende gebede vir krygers wat nog in veld verhonger en bittereinder […]
soekend
elkeen besit dit elkeen weet dit nie elkeen kan dit geniet elkeen kan dit ontwikkel baie leef spreekwoordelik daarvoor baie het geen besef van die waarde nie baie kan meer daarvan maak in hulle lewens baie kan leer daaruit en hulle lewens versterk die wat dit besit leef die wat dit nognie ken soek die […]
Oggenduur
luilekker warm strek my arms aan ‘n oggenduur uitgerus gaan my gedagtes aan die rol ‘n dag se werk bedink aan opstaan beslis is dit nodig maar wie het nou lus uit vuurwarm bed uit op te staan knoesig onder die kombers knus in manlief se arms begin my dag met ‘n sopnat warmgroet soos […]
Soetlief en die ondier
Terwyl die son skuins hang in die hemelruim en alles wat aan bome moes bloei verdroog kruipend teen die grond rondsleep, dobbel ek met karma – daar is te min tyd en geloof; te veel geld en goeters wat windgejaagd nagestreef word en iewers in ‘n stad woon daar mense in opgedinkte tronke en hier […]
bonsende hart
liefste marietjie jou mooiste ogies ondeunde vragies jy is my madeliefie liefste melodietjie lokkende glimlaggie heuning soet laggie my mooiste liedjie jy skitter in die aand hart bon-bons saggies liefde gloei vanaand ©Teárlach