man + vrou = huwelik
alles wat lieflik is maak jou hart sag verbeter jou dag alles wat loflik is hoflike mans is reg maak vroue waardeer eerlike vroue presteer ongesofistikeerd eg ervaring slyp verhoudings liefde deur gelyke deelname maak vir lang verbindings ©Teárlach
Vlugteling
My pen lê hier langs my hy weet waarheen ek nou wil vlug – die papier was nog nooit so wit en ek was nog nooit so ver van nou; in die tweede laaste reël van hierdie gedig sal jy smeek om saam te kom want net verby Sodom en Gomorra, op die grens van […]
verbrokkeling
soos seewater in skuimstrepies uitspoel strand verdeel tussen nat en droë sand waterdiertjies en land diertjies skei watervoëls en landvoëls versprei so versprei geloof mense verbrokkel in vakuum kompartemente wat netso vinnig soos skuim op strand verdwyn wanneer Hy weer kom ©Teárlach
Huis Jabez
Huis Jabez Dit is winter en dis koud. Ek lig myself met moeite uit die bed uit. Die knusheid van die komberse lok my terug. Gisteraand het ons tot laat pakkies opgemaak en strikkies van helder, bont kleure vasgebind. My lyf voel dit. Halfsewe moet ons by die bymekaarkomplek wees. Elkeen met sy pakke skyfies, […]
Bevryding: n.a Ingrid jonker – Ontvlugting
Bevryding n.a Ingrid jonker – Ontvlugting Tussen wier en gras sou ek ook wou soek – na vryheid, verlossing en God. In vreemdes se oë het ek soms stukkies gesien – van min of meer dit wat ék nooit sou vind. Die gladde son en die rowwe maan het dalk ook binne my ontbind, dit […]
teleurstelling
soos ‘n visserman wat elke dag probeer maar nooit enige vis uittrek wat hy kan eet soos ‘n jagter wat kilometers loop sonder om bok te skiet soos ‘n oupa en ouma wat maande wag sonder om besoek te word soos ‘n beloofde wat dae wag om van haar geliefde te hoor soos ‘n boer […]
as jy dromme hoor
laatnag se taksiegeluide soos dromme oor duineveld klink soos stemme van dooies wat optrek in stryd teen doderyk so klink stemme van oral op in land waar dromme slaan – vure brand opruiende toesprake regeer diep ondermaanse drang na vore tree in grynslag wat oor dae versprei maande se onteer respek is verloor vrees is […]
Die Jaar 2017
die tydsduur van nog ‘n jaar ses daggies verder en 2018 is hier vir beter het almal gebid vir ons land maar end uit nog geen verbetering nie droogte het ons beleef en tog is ons daar deur hongerte het ingetree en gesorg het God beslis almal stap ‘n stywe pad aan finansies heelwat sit […]
Menswaardigheid
grysheid lê sowaar by ouderdom want met die wysheid het die sierlike kroon gekom het dit ons oues van dae wat reg gelewe het bereik silwerwit het hul dit gewys met glimlag sag om die mond en oê wat tevrede bly blink wanneer iemand hul pad kruis gebukkend het hul jou genader party met ‘n […]
da ja da tie
vader van die wind ook vader van die see maak golwe briesend kwaad maar soms kalm soos ‘n meer dieselfde vader van die land maak hoë berge imposant woud wat groei en blom wuiwende grasveld koel bergstrome water wat ook see toe spoel daar is net éen dit weet ek ©Teárlach