Wat die hart van vol is
daar’s ‘n gat in my, het ek gedink verlies se smart wou my laat verdrink toe sien ek in: jou vreugde en lag het my hart kom vul; my oë blink © Doret Johnstone-Robertson, 26 Februarie 2016
Skemeraand oor Jonkershoek
o helder, helder water o groenste, groenste blaar kyk hoe lê die lelieblom so skoon onskuldig daar * ‘wyl skemer teen die wal kom rus kwaak daar nog paddas in die dam tussen lang gras en ‘n rietpol word stille skadu’s vasgevang o diepste, diepste klowe waar dit eggo sonder taal hier boggom bobbejane reeds […]
Ons skuld is vereffen
Al skawend het Hy met Sy kruis aangestap terwyl bloedstrome oor Sy wange aftap ’n doringkroon is op Sy hoof neergesit sodat omstanders daaruit genot kon put Op Golgota word Hy gehys aan Sykruis tussen twee sondaars aan die wêreld gewys met spykers deur hande en voete geslaan stort Maria Magdalena die soveelste traan Met […]
Pelgrimstog van ons liefde
in die warm van jou asem trek ons liefde skadu’s in rympatrone wat sag in diftong deur die vat van jou vingers gly om vir ewig in my hart te bly waar ek dorstig – (soos in die woestyn) my kruike vul soos een sonder ‘n eie wil dan plant ek kosmos sade – (dalk […]
“Europa is ‘n baie mooi plek”
Maar hier in Afrika stap ons (soms nog) agter beeste aan – verby bar fonteine baan ons onse weë oor droë lande en met stofpaaie langs na velde waar daar weiding is. Ons leef bewus van die hemele se blou die louheid van die môre die middagson se skroei. Ons ken sand en ons ken […]
Vanuit die wolke
Hier bo is alles anders Ek wens ek kon dit bêre vir jou Ek wens ek kon fotos neem in my gedagtes en vir altyd dit so onthou Hier bo is alles georganiseer en alles lyk so klein Groen lappe tussen die bruin en haarlyn padjies wat alles skei Hier bo lyk dit so aanloklik […]
Ek offer vir jou
”k breek in diep ontferming vir jou ‘n broodjie saam met die visse van ‘n kobaltblou see dan buig ek stom en skep bakhand uit die Eufraat se vloed dat die son weer oor jou geluk sal gloed ‘k doop jou met die hoopvolle wete dat jy kan vergeet om te onthou dat jou seerkry […]
Vergane gisters
papierdun skyfie van die maan gooi seën ruim in bakhand uit oor enkeling en ook vreemdeling wat verlangend na Bowe staar met gedagtes oor wat môre weer padlangs sal baar waar die strepiesmaan dan skaam met ‘n rooi gesig deur traan-swangerwolke loer trek naglug met geraamtevingers nuwe atlase oor onbekende môres ‘wyl die skadu’s langasem […]
Uit die Venster van my Siel
Uit Die Venster van my Siel. Blink skyn die son in my kamer En weet ek God is hier Raak elke straal my hart se punt Want Vader het kom inloer Saggies streel Hy oor my liggaam Met n briesie van n windjie En weet ek God deel n drukkie saggies prewel ek ‘Dankie’ O, […]
Huisie vol vrede
By haar huisie, in die Bosveld – groei die mooiste spierwit roos, wat haar elke dag herinner, dat haar Skepper haar sal troos. Langs die muurtjie, wieg Gesiggies – soos hul knip-oog na die son, klomp gekleurde vlinders fladder, want haar Lente het gekom. Op haar stoepie, in ’n blombak – breek die eerste blare […]