Passie
Passie Duisend perde hoewe dawer teen die witvlek van my oor Ritmies en in metrum volg my pols hul spoor Vlindervlerk my vingers die kontoere van jou lyf Omkring hul elke detail in fynspoor sproei geksryf Seepskuim borrel sagte sleepsel oor die krombuig van jou rug Verlustig ons tesame aan die verbode vrug. Stomend warm […]
Passie
Hart roep na hart onder Afrika son dis die eeu’ ou herhaling van die liefde wat blom van hande eers soekend en lippe dan dwingend van lywe verstrengeld en harte wat een klop op oer-oue ritme teen steilte die berg op tot die piek voor jul buig die emosies dra verder soos die arend se […]
Eb en Vloed
Soos die blink oseaan in sy kalm ontstuimigheid saggies om rotse speel stu my liefde in golf op golf teen die kurwes valleie van jou verruklike lyf en die somerwind kuier saam soos ‘n halsstarrige kleinsus wat giggelend rondom ons dans ons liefde verstrengel met niks tussen ons twee behalwe die nag en die wind […]
VEG OF VLUG
“Goeie dôner, Emma, het jy nou wragtag gedink ek gaan jou nie herken nie?” Die woorde galm in haar ore. Sy was dan so seker dat sy dit vanaand sal vryspring. Koue rillings gly op en af met haar rug. Wanneer het dit dan alles so verander? Wie het wanneer haar vrede kom steel? Was […]
Die aap op jou rug (Opdrag 8)
Elke taal het sy eie unieke gesegdes. So ook is Afrikaans ‘n diverse vrugteslaaitaal wat skatryk is aan eie unieke idiome, slagspreuke en sêgoed. Dis ‘n nalatenskap om op trots te wees en een wat ons aan die lewe moet hou. Dit maak ons taal en literatuur kleurryk en interessant. Deur digkuns as instrument te […]
tien voor twee (Opdrag 7)
soos ek my vingers deur jou hare steek en jou oë soos saffiere blink begin ons in die oomblik wegsink hoor ek jou stilletjies smeek vir alles waar woorde ons ontbreek sal liefdesklanke in simfonie weerklink wil ek myself in jou wese verdrink leer ons saam om tyd te verneuk spoel nog eenkeer jou denke […]
Eerste liefde (Opdrag 7)
Kom proe die kleur van my vrugteboorde waar hartsnare saam kan speel soos water wat oor klippies kweel drink ons ons liefdeswoorde as ons lippe vlinder oor akkoorde ons ons simfonie kan deel waar ons liefde alles heel verken ons saam vreemde oorde die klinkende kleur van ons simfonie breek in vervulling oop deurdrenk ons […]
Lepellê – Opdrag 4
luister, die stiltes het verstom selfs lumierstrale gordyndans swygsaam ek wag nog tot jy ontwaak jou asem sag en rustig langs my ek voel jou hand op my lyf (nog naak) luister, die stiltes het verstom jy kreun en draai my stywer in jou arms als raak doodstil, selfs jou asem in my oor © […]
Nagloed – Opdrag 4
jou michelangelo-vingers omvou die bed se styl met jou stadige hand in rus bo jou kop ‘n albaste arm sag gespierd en warm ‘n vag okselhare soos goue waaigras in ‘n waas in Rome staan Apollo armloos (‘n Obeliks-glips altoos?) ‘n voël mag maar op sy klipkop mis want alles van die gode is nou […]
Toegedraai
Opdrag 4 – Suggestie Toegedraai soos die horison se blou soen op die see in mekaar toegedraai teenaan my onder wit satyn wat soos wolke wieg en waai met ritmiese, konstante branderrol oor die wye strand van jou lyf tot ons tuimel, breek en spoel (oor en oor) in mekaar toegedraai © Grootvissie Augustus 2018