Digters & Dromers
Jy’t my bly vetvoer Lepel vir lepel Met make-believe stories My ego ge-sugarcoat met emosiebelaaide poetry …en ek het geval dieper en dieper head over heels my hart was Ultimately jou triomf Ons was net twee fragile souls digters en dromers en nou … nou lê jy afgestorwe en begrafnisloos sonder om te groet tussen […]
Selfmoordbrief van ʼn depressielyer
My Lief Jy ken my, en verstaan my beter as wat ek my self verstaan. Wanneer die donker van die depressie my in ʼn mynskag afstuur. Wanneer ek voel hoe die lewe se rotse my toe val en ek nie die lig van ontvlugting kan sien nie, reik jou hand uit na myne en lig […]
Verlore brief in ‘n bottel
Die waarheid is niks minder as die klop van jou hart – ek hoor dit ook met elke son wat sak is die wonder van ‘n einde ‘n slinternuwe begin. Mense soos ek en jy was nooit gemaak om te huil of te skuil – “we were set to sail” vat my hand; my naam […]
Wanneer te veel, te min word
Al wat ek het gee ek nou net vir jou plak dit teen my roep verby die horison waar my hart skuil – want in hierdie siels-stiltes vang ek uurtjies vol vreugde met elke klank van jou gedagtes wat warrel om my hart se hoeke. Om onvolmaakte tjank geluide in groen gras te groei – […]
Dis nie jy nie, dit is ek.
Miskien sukkel ek so om oor jou te kom nie oor wie jy is nie nie omdat jy die beste man is wat nòg in my lewe was nie nee miskien sukkel ek so om oor jou te kom oor wie ek is oor al die reeds gebreekte stukkies van my reeds gebreekte hart weer […]
nete
klein goggatjie wat in hare bly mense hare met baie frustrasie eiers op hare wat daar uitbroei gehate teenwoordigheid en las afrika politici is soos nete in kwas kan hul soos nete verwyder word met chemiese skoonmaak middels sekerlik nie so maklik in afrika nie neet klou vas want hy wil nog eet los hy […]
Joyride na die hel
Dis die dwelms in jou are wat jou psigose aanjaag soos rotte in kop aan jou breinselle knaag Wat onskuldig begin het as ń lynsny met ń pêl het ontaard in ń monster op ń joyride na die hel Eers jou vrou en kind en later jou werk ook kwyt Die weelde in jou huis […]
briefie
ek skryf vir jou ‘n briefie sommer op my dagboekie sulke klein blaaitjies liefde stuur ek aan jou elke dag ek lees jou liefste woorde en bid dat jy nog veilig is lewe gaan voort maar saai sonder jou daar in noorde ek skryf vir jou van liefde hier waar dood om heers kartetse ontplof […]
serannie
agter my serebrale oë drywe daar sereen ‘n melodie serie van musieknote gekas en wyd serebellum van my bestaansewewig gesketter van breingolwe wat skal geskenk van Allerhoogste gesinchroniseer om te presteer onverstaanbare chemiese taal wat innervasie slim vertolk innige gedagtes veilig stoor soos polifoniese musiek van dertiende eeu bergkettings van bestaan om op hoër vlak […]
armoede
kinders klein met skurwe hakskene barstende tone in spierwit ryp stap hulle skooltoe en hoes heeltyd neusies loop strepies oor vuil gesigte neëntien vyftig was begin jare van “baby-boomers” meeste het maar swaar gekry na die oorlog meeste het met meelsakbroekies geloop meeste het maar op pap en sous gelewe meeste het opgestaan en sukses […]