‘n Seen van bo . . .
“Na ons die offergawe opgeneem het, sing ons Lied 290,” hoor sy haar geliefde wederhelfte se stem van die kansel. Instinktief neem sy haar Bybelomslag, slaan dit oop om haar kollekte geld te kry. ‘n Diep frons verskyn meteens tussen haar potlood dun wenkbroue. Daar is dan niks in die sakkie wat sy altyd haar […]
Memoirs van ‘n hoer se kind
Jou verlede haal jou altyd in “Wat was dit?” skrik Daniël met ‘n slag wakker. Die Kaapse wind waai buite. ‘n Somerswind, sommer so ‘n ongeskikte wind. Alles raas. Die huis se dak kraak, buite in die straat dans ‘n leë koeldrank blikkie vorentoe en agtertoe soos die wind ruk en laat los. Regte dronkmanspassies. […]
As ek kon (Verbinde shadorma gedig)
As ek kon sou ek hoog bo sweef oor ‘n berg by suidpunt waar Afromontana woud klou aan ooste hang sien ek weer my Tafelberg-vrees spoel deur my wens ek kon daar bo gaan staan en aanskou prag van Moederstad. ©Taai Bonthuys
Die veldmuis se kuier (Hutain gedig)
Ek sien uit die hoek van my oog geskok hoe jy verby laat spat aangehits deur honger beoog jy my koskas se kos te vat vanuit veilige hoogte spat moordende gille om my rond ‘n kleine muisie het gevat en laggend laat spaander … jou vabond! ©Taai Bonthuys
Vergifnis maak jou vry.
“O, gorrel!” Nadia klou krampagtig aan die motordeur. Die wind dreig om dit uit haar hand te ruk tussen die vlae kletterende reëndruppels wat neerpiets op die wit Volla se dak. Sy leun oor na die pasasiersitplek, trek die sambreel nader wat skuins teen die sitplek staan-leun en bring dit uit na buite. Haar duim […]
Gedoop in vuur
wanneer boeie met ‘n bewende geskal onder murmerering van my stem klang die Rietsee opstandig wal staan en aalmoese om my val as drome die pad na my hart verloor purperwoorde verdor tot swart en bye nesmaak in die karkas van my hart dan sal ek steeds vir jou kaalhand ‘n voetpad deur palmiete stroop […]
Die kyk (Silwer)
Jou oë stol modder soos die borrel van die are deur jou hart – sonder die seën van sagte reën of die soet van sjokolade is daar geen sagvoel, kalfie, bokkie …of genade Charleine Collins © Oktober 2019
Begraafplaas ruiter
Onder die mistige sekelmaan huil die ruiter op sy swart perd bedroeflik. Waar hy langs die graf alleen kniel kriewel iets onheilspellend teen sy ruggraat af. Hy vee sy trane met die agterkant van sy hand af en loer rond. Dis donkernag. Pik donker, maar ‘n beweging in die hoek van die begraafplaas laat sy […]
balade van jongeling
onder donker rookwolke spat daar vurige vlamme alles oorweldiggende mis rooksuile boodskapper is in ons huise sit ons vas voor selfoon en tv kas ver te gevaarlik buite bly maar uit die skuite onder veiligheidsligte skryf ons maar gedigte oor elke berig van dood mense lewe in ‘n sloot in ons harte wil ons lewe […]