Sysoen
In die skemer van my somer bloei ‘n najaarsblom soet, ek ein haar gees as dromer in die herfs van ons gemoed. Haar saad skiet loot in lente en die bloeisel bot soet, sy dra haar kroon in segmente as helder vere in haar hoed. Ons beide ken die winter kou’ wanneer wortels diep groei, […]
Sommer só ~ liefde
Wat sal ‘n mens van die liefde sê – so ongevraag kom dit somtyds oor jou pad. Só sonder dat jy daarna soek. En weet jy wat? Ek het jou lief gekry, half onwillig en so effens teen my sin. Daar was net iets aan jou íéts aan jou manier van wéés wat dit maklik […]
vrou
vrou as die emosie diep vanuit die wande in die hart van ‘n vrou, beur tot diep binne die drang van die beskerm in ‘n man, en deure oopbly, in ongesluite laaie gaan lê, verplaas word, na plekke nooit voorsien… net soos strale vanaf venus skyn oor mars se maan… dan kom die wonder van […]
Sy
Ek het van my twintigs af, ʼn prentjie in my kop gekry, toe ek vrouwees en God beter probeer verstaan. Noukeurig het God sy tyd gebruik toe hy Adam geskape het. Adam is met kundigheid beplan, tot perfeksie afgerond en in liefde geskape. Hy het hom so gekyk…die man…en die diere en al Sy skeppings, […]
Jentoe
Met skemerdaal het sy verwagtingloos uit onrussluimering haar losgeskeur, haarself in skamel klere uitgedos; gestremd met siel en liggaam sondevoos haar buurt se stegies op en af gesleur met haar gewete veilig tuis gelos. Maar toe die rooidag op die Oosterkim die vliesig wolkies liggies koper kleur het sy haar vodgordyntjies toegetrek, (steeds skamelkledig!) in […]
‘n Bankie met ‘n uitsig (‘n brief aan Shirley van Engeland)
Beste Shirley Ek sit vandag weer op ‘n bankie in die Waterberg se hart – heel bo – by die uitkykpunt, Lenong. Die son vlam teen my rug en oor Kransberg se hang. Die heuwels en valleie hou nooit op. Die pad tot hier kronkelvleg deur varings, boom en gras. Proteabos staan immervaal tot onder […]
Oggendgedig (Marakele* ~ 10 Julie 2016)
Kom sit vir ‘n oomblik hier langs my dan kyk ons na die veld en gras wat groei tussen groen doringbome hul stamme nog in donker gekwas. Die skemer is aan die verby gaan dis die sterwensuur van die nag sy vaarwelsgeskenk, ‘n ontwaking ~ die geboorte van ‘n heel nuwe dag waarin wild’seringbome se […]
DONDERDAG: Ystervrou
Donderdag YSTERVROU Altyd moet ek soveel vooraan skryf om plek in te neem sodat my meesterstuk (!PLAGIAAT! Afgeskryf!!) nie korter is as die aankondiging nie. Dan hoef niemand mos aan te kliek nie. Dus kry ek so wenig „lesers” oftewel aankliekers. Want dis reeds alles daar! Na die „Interregnum” van ‘n paar mansmense kry die […]
Slapeloos in die voorstad
Mamma, is jy wakker ek kan nie slaap nie, Ma. Dis twee-uur in die oggend en dis donker hier by my. Buite in die straat ry ‘n kar nou net verby – deur skrefies in die blinding breek die maan. Mamma, ek tel my vrese een vir een en soms lê ek en wonder of […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n vér verlanggedig
Dis skemeroggend en dis winter maar die hemel skilderdoek skroomloos in oranje van hier by my tot oor die kranse by Franschhoek. En wyl die son nog effe sku agter veraf pieke hang moet ek verleë erken, my lief dat ek soms skaamteloos verlang ~ na jou en na plekke ver van hier. * Na […]