Waar Liefde Begin – Hoofstuk 7
Hoofstuk 7 — Sondes uit die Verlede Matthew voer die heelnag deur ʼn stryd en vroeg oggend neem hy ʼn besluit, hy sal met die seuns na haar toe gaan en hy sal by haar staan want sy hart breek vir haar en iewers moet hy begin regmaak. Hy begeer Nathan Kilber se vergifnis meer […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 6
Hoofstuk 6 — Die Begin van ʼn Toekoms Die volgende dag het Laurie nuwe moed as hulle pad vat met die nuwe voertuig en sleepwa vol benodigdhede, ʼn kragopwekker en medisyne. Sy sal nie toelaat dat enige iets haar wegdryf nie, sy sal veg vir dit wat sy weet haar hele lewe is, Matthew en […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 5
Hoofstuk 5 — ʼn Nuwe Kameradie Einde September, terwyl die natuur verander van bruin na die ongelooflike kleure van die lente weet Laurie dat sy fokus verloor het oor haar doel met haar verblyf op die bergplaas. Sy gryp elke oomblik aan om saam met Matthew en die seuns te wees. Voel dit of niks […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 2
Hoofstuk 2 — Agendas en Ultimatums Johan kom alleen twee dae later terug en teen Laurie se beterwete voel sy ʼn teleurstelling in haar. Haar hoop was om Matthew weer te sien, alleen met hom te praat, hom rede te laat sien en tot ʼn vergelyk te kom. Johan is saaklik: “Laat ek tot die […]
Somerglans
O, mooiste maand Kom kelk oor aard’ jou fleur Tros welriekende balsem Oor laaste winterreste Bot gul nuwe verwagting om Eersug aan te wakker, en Rugsteun somerglans met vreugde! ©Driekie Grobler
Blinde staar
Die waaiende gras na die huil van wind uit ons wye plek wegkarwei en by die plaashek vir my engelduif gewag maar sy het nie teruggekom nie net ‘n blinde staar wat is ek sonder haar ?
Bottelskim
Ek wil jou in ‘n bottel bêre in die binnesee van my siel sodat ek eendag weer kan onthou hoe jy my hart laat klop het toe lig deur my vingers wou glip toe vryheid in my om my vlerkloos gefladder het toe my spore soos wasemwolke tussen sonverslaafdes verdwyn het want sonder dat jy […]
BOS BLOMME
Wanneer jy weer Paarl toe ry pluk vir my varkblomme langs die pad sodat ek op ‘n gepaste oomblik myself in die lente kan verloor en wanneer jy weer huistoe kom gee vir my jou ongetemde hart sodat ek ook soos jy kan asemhaal wanneer die dag haar ure oor my eb en vloed. Ja, […]
Karoo verlange (Goud)
ek wil in eenvoud lewe ek wil terug na die Karoo daar waar die son oor vriespunt opkom en die velde ook nog glo ek wil my kommer neerlê en op ‘n klipkoppie gaan sit waar die koggelmanders en akkedisse nog saam in sonsit bid ek wil weer stewig vashou aan my God se regterhand […]
My vrolike lenteversie (Silwer)
Ek gee vir jou ‘n pot om vol lenteblomme te stop: gulhartig van kleur, welriekend van geur. Ek nooi jou saam op ‘n wentelbaan van oorvloedige geluk in ’n liefdestuin gepluk. Ek wys jou gul die vreugde toegehul van sonskynlag in elke nuwe dag. Die ware vind van eensgesind, in ‘n hart vol hoop vir […]