Spookasem
Kom ek en jy jaag die son tussen geboue deur tot bo-oor die berge Dan probeer ons die engeltjies vang wat hy so plek plek los sodat hulle ons kan leer vlieg As ons klaar probeer het en uitasem op die gras le kan ons na die sprokiesland Terwyl die son ons groet blaas hy […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 7
Begrafnisse was nog nooit een van Kas Dreyer se sterk punte nie en is hy as n gemartelde man die diens deur. Sy vrou, Annetjie, moet hom kort kort in die sy pomp om sy aandag by die diens te hou. Dat Laurika Botes baie mense geken het is duidelik, af te lei uit die […]
18 Julie se gee of eerder gee-nie
Dit is nie elke oggend wat ek ’n groot lus vir dieselfde onderwerp op die draadloos ervaar nie. Vandag was weer een van “daai” oggende. Net soos ek dink die aanhoudende verslagdoening oor vryheid van spraak is op ’n einde, dan trek die een of ander verslaggewer los met jan-publiek se terugvoer op wat elkeen […]
Woestyn
Ek spel jou naam in dooie kleur en voed my woorde op gevoel, want ek aanskou die bergarend wat vlerkgespreid teen bloutes ets en donkies en kameel wat brons alvorens hete skimme flets oor selfgehoopte dorre sand en duin waar stil tog lewe woel… In elke lit geamputeer lê bleekwit sandgeskuur en bros die oop- […]
Die eed
“In daai plek kan jy vergeet wie jy is,” vertel die Soeker die jong man. “Hoekom sal ek wil vergeet?” byt hy terug. “Trevian,” raas sy ma van die ander kant van die kamer af. “Kyk na my,” sê die ou Soeker en steek sy arms uit terwyl hy in ‘n sirkel draai. Is hierdie […]
As ek die wind was
Ek wens ek was die wind ek sou in die veld speel waar jy die meeste van jou drome droom en saam met jou deur die blomme hardloop Jy sou my sien dans en geweet het dit is ek as ek ‘n najaarsblom saggies in jou hande kom sit As jy gaan slaap sal ek […]
Sielsalleen in Tyd
As baba aan moedersbors was ek, (anders as die wind) maar altyd aan broer, suster, man of kind – magneties aan ‘n ander mens vasgekors. Maar na my Wederhelf se dood roei ek so sielsalleen soos Adam (voordat God vir Eva gemaak het), nou skielik my eie euforiese diepseeboot. Vergaap ek my soos Rembrandt aan […]
Ek Het Gedroom
Ek het gedroom Ek het onrustig hartverskeurend gedroom jy is skielik onverklaarbaar net spoorloos weg, sommer net weg van my af sonder groet destinasie en adres onbekend— Lam geskok besef ek my hart is besteel, skelm beroof, geplunder, en verslae leeg gelaat— My kussing was tranenat en ek voel vervaard deur slaap en trane heen […]
‘N liedjie vir hom
My oudste broer is op 4 Julie 2016 in motorongeluk oorlede. Dit was ‘n groot skok vir die 8 broers en susters wat agtergebly het. Hierdie is ‘n ode aan hom, mag hy rus in vrede. (OP DIE WYSIE VAN STEVE HOFMEYR SE “PAMPOEN”) Sing, sing jou laaste song vir hom Hy het met lang […]