wegbreek
wegbreek wat doen ‘n hart as sy wande skeeftrek, die hele wese van jou mens seer omrol, jy eenkant staan en kyk asof vreemd, so of jou eie self aan ‘n ander behoort… jy die pad van jou voete skielik nie meer kan vind, sirkels om die maan na een uitweg klink… besluite neem, nie […]
,’n Herkoutjie vir bepeinsing
In voordrag van ons lewe is bloot net skyn te lees… Tog, newens traak die wete: Wat God wil moet ons wees!
en ek proe…
In sonligskynsel swymel ek saam met somervlinders wat swewend-saggiesstrelend met suiwer sonligdou kaleidoskopies kleure mat terwyl die son frambroosvergroot gunter agter vlootblouberge sak en windswawels laag oor gras en keur van kleur vir laas’ nog jag eer die kim die son se strale snuit Die vlindertjies het hul alreeds aan skeut van fynbos vasgeheg met […]
Saphira se Onmoontlike Keuse
Die swart-en-bruin Feëtjie Hond slaak ‘n sug van verligting toe hulle haar beskermling se kasteel binnestap. Eolande lyk vir haar uitgeput na hul rondswerwinge deur die berglande. Net Cian lyk asof hy nog verfris is. Maar dan, Saphira is nie seker watter tipe Fee hy is nie. Sy ken hom al vir maande en steeds […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 6
Toe Stefan Botes Donderdag oggend die koerant oopmaak vang sy oog dadelik die berig en Langes se foto. Hy voel hoe hy yskoud word. Hy weet hy het nie die moord gepleeg nie maar hy weet ook dat hy die nommer een verdagte is en dat hy vanoggend weer n besoek van kaptein Dreyer kan […]
sout en stoom
di’s die sout di’s die see di’s die duine di’s die sand di’s die golwe di’s die skuim di’s die branders se gedruis golwe wat spoel kalm en stil jy is die vryheid en die vrede ek die donder jy is die flits jy is die slag ek die gedreun jy is die dou grys […]
Aubade
Aubade Die son wil nie opkom in my gemoed waar ‘n Aurora Borealis skemerte heers in my hart waar ek treur onder ‘n wilger se droewige slierterige hangtakke in meegevoel met my en ek hoor ‘n rustige vesper melodie op die aandbries aangeswewe kom en ek besluit onder die donker sekelmaan en helder knipoog sterrehemel […]
Ek vra jou . . .
Daar is leemtes alom te vind met ‘n gefluister van ‘n wind, gloeiende oë sonder vlam en ‘n iets wat is en opdam. In stap en werke is dit te vinde met die suising van stil winde, woordeloos is die gesprekke van ‘n klomp gesiglose gekke. Met mag kom dit uit die duister, dwing ‘n […]
Fluister’vlerk
Tussen wasige wolke roep ‘n seemeeu alleen wat sing die see? wat kla die wind? Met sy stertkwas agteroor getrek klief hy deur die lug… agter die mistige yl-grys-grou verlang ek na jou Seemeeu waar vlieg jy heen? in die waai van die wind langs die krul van jou vlerk wil ek my woorde fluister […]
Donkerte
Donkerte My gemoed voel swart en in donkerte gehul soos in ‘n sterrelose nag rigtingloos en verdwaal met al die liggewende kerse in my siel doodgeblaas want ek treur en treur my verdriet is nag en iewers langs die pad het dit my pakkie lewensvreugde laat verdwyn maar ek stap moedig terug en steek orals […]