Verkiesing-verkiesing
Dis nog so effens korter as ’n maand, dan gaan ons verkiesing speel. “Speel”, omdat na die aanhoor van sogenaamde radio-debatte die afgelope 3 weke, dit die mees gepaste beskrywing is. Alhoewel my kennis van hul wêreld baie beperk is, is daar tog ‘n struweling in die gemoed wat druk om gelug te word … […]
Daar’s feetjies in my bos
Gisteraand, tot die uitbundige genot van die kennisse en vriende en familie, het vroulief kiekies van 26-jaar gelede, van ons as jonges en studente, op die wereldwye skerm geplaas. “My kiekies is verwysings, my lewensinventaris die ensiklopedie van my bestaan. My kiekies is bewyse vir die feit dat ek ook daar was ´n prentjiekommentaar wat […]
Dankie vir woorde
Vader met danksegging buig ek hier neer om U vir my mooie talent te eer ‘n passie vir dig aan my toevertrou daarom beloof ek U hier en nou dat solank my oë my toelaat om te sien sal ek U naam met eie woorde bly dien solank my hande die pen nog kan voel […]
Wink die skemerskadu’s blink
‘n Najaarsblom lӗ geberg in die holte van my hand wat deur die wind nuwe eilande vind Waar dit diep in my siel brand elke gedagte en illusie moet ek inhou styg en daal aaneen alleen Dan kyk ons hoe die bloulip horison op ‘n spierwit strand skaam-skaam in die skemergloed wink Blink soet, ‘n […]
Wenners: Winter nostalgie projek
Gedigte afdeling: 1. Viooltjie met Pappa rym is immer 2. Koekekranka met Lappies 3. Ammie moon met Kaneel en warm sjokelade Verhale afdeling: 1.Helena Mellet met Koue hande warm liefde Baie geluk aan hierdie 4 skrywers
Die Laaste Basuin
Die Laaste Basuin Daar is baie dinge wat ‘n mens uitbasuin en uitbundig trompetter as jy jou land en span aanspoor maar daar is dinge wat jy maar saggies ‘n sordino demper op plaas want jou mislukkings hang jy nie aan die groot klok nie en jou verdriet taptoe jy sag en privaat diep binne […]
briewe
briewe letters op gekleurde papier, party groot, party klein, hier en daar met ‘n swierige krul – soveel meer persoonlik as woorde uit ‘n dagboek, die betekenis soveel ryker as woorde tussen twee geliefdes. lees jy nog my briewe, of lê hulle iewers veilig weg gebêre in ‘n briewedoos in jou kas? gister se tere […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 5
Tienuur die oggend is daar n klop aan Chantal de Beer se woonsteldeur. Sy het nog nie weer werk gekry nie, ook nie gesoek nie, want sy sal wel sorg dat sy genoeg druk op Stefan plaas dat sy, na die begrafnis van Laurika, weer haar ou pos waaruit sy geskop is, kan terugkry en […]
Intensiewe Sorg-eenheid
Met swartklappende vlerke en aasvoël-ongeduld, wag, bo-op saal-7 se hoë vensterbank wag, op ñ seun se asmatiese nood se laaste hygende klank, wag, die engel van die dood. En oor die bed, waak, oor ñ Moeder se smeekgebede, waak, met wit vlerke wyd-oop gesprei, waak, die engel van die lewe. ©Elizabeth Greef