Toonkleur
Toonkleur My hart is in sy majeurvreugde van toonladders staccato uitgelate! Akkoorde salvos bars jubelend uit nate op harp viool klarinet soos akrobate en trippel chromaties lig soos vlindervlerkies dan weer verspring in oktawe in uitbundige oorgawe of bokspring oor die oktaaf en kaperjol in tiendes braaf terug na sesdes en derdes op rustiger toon […]
Asemnood
Dorre duinesand uit Namibs woestyn ‘t my verkorrel na pyn brokstukke uit my siel geruk met onheilswind wat ruk en pluk Van engele en krag verlaat ‘wyl my asem verdamp in gas om iewers rond te swerf daar waar ‘k nou stadig in asemnood sterf Wees dan stil my siel wees stil tot God ‘wyl […]
‘n Kwêla lied
ontmoet my vanaand onder ‘n sekelmaan se buig waar die naguil roep en die rooi’jakkals mistroostig huil omkring my met jou aura onder die Mopanieboom luister na my hart wat ritmiese met joune klop neurie met paddakoor dan ‘n kwêla lied op die noot van krieke viool vir my om stil te hoor © Anzè […]
JESUS WAS DAAR
JESUS WAS DAAR Toe jy so bang was, was Hy daar. Jy wou ‘n mensgestalte hê, maar Hy was daar. Toe jy geskrik het, was Hy daar. Jy wou net kalmte hê, maar Hy was daar. Toe jy verward was, was Hy daar. Jy wou ontleding hê, maar Hy was daar. Toe jy verwond was, […]
Pille
Pille Pille uitdeel was groot vermaak my dierbare ou tante se sêgoed was raak— Sê tannie Hannie my kind as ellende eers jou adres vind gaan jy die wind van voor kry tydig en ontydig kom hy aangery soos die spreekwoordelike kat keer hy terug met die pad— Nou het my adres uitgelek en vir […]
Sielsgenoot – Pantoem
Wie het haar sielsgenoot verwurg met ñ serp? In die quarrysloot is haar liefde verwerp. Verwurg met ñ serp, o, hoe soet die wraak; is haar liefde verwerp lê hy bloubleek en naak. O, hoe soet die wraak, hoe het sy gesmeek? lê hy bloubleek en naak, toe sy wegjaag op Breek.. Hoe het sy […]
Hemelwense
ek wens ek kon jou my woorde wys meeste is oor jou ek wens ek het nog gehad wat ek om jou hart kon vou ek wens dat ek ‘n dief was jou hart sou ek steel ek wens dat ek ‘n engel was in die hemel sou ons speel ek wens ek het sommer […]
Tyd
tyd is ‘n piksoen toe oë dis verby tyd is die gryshaar op oupa se kop wat stories vertel tyd is die traan op mamma se wang ek moet nou groet tyd is ou hande wat myne vashou hulle was ook eens jonk tyd is ‘n liedjie hy speel al so kom ons dans tyd […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 4
Kas besluit om n besoek aan Stefan Botes te bring en aangesien dit sterk te betwyfel is of die man op kantoor sal wees soek hy hom by sy luukse woning op. By die hek is n hekwag en moet hy die rede vir sy besoek aankondig en ook sy identifikasiekaart toon. Die hekwag telefoneer […]
BLOM WAT WEEN
BLOM WAT WEEN ‘n Druppel in jou kelk, o blom wat ween. Die dou verkwik en laat jou groei na bo. ‘n Traan in d’ oog, o mens wat treur. Die traan genees en laat jou groei na Bo.