baie jare lank was sy net daar
Die stilte langs die Hemelbed sonder style of brokaatgordyne -net ’n deurgang na sy Hemeltroon- is swaar gelaai met ouerliefde; baie jare lank was sy net daar vir jul die smal weg aangewys. Fyn plooie langs haar stil glimlag perkament om haar hart gevou kommerskrif en moederstreur soveel geskryf soveel geleef; hartstogtelik reik sy na […]
ek verwonder my weer
Dis vrydagaand, vertel sy my en ek wonder, ja? ek soek na myself, sê sy iewers het ek my verloor haar vingers is koud haar glimlag nog effens in die nagdonker se eenvoud hou sterre hul oë gesluit ek vertel haar van Jesus en sy liefde vir ons haar soektog na haarself bring haar tot […]
7 Mei
kyk hoe vlieg die duiwe voor Simonsberg verby; kyk hoe blom die Bougainvillea teen die grouste Meimaand lug die wolke lyk so vreemd vandag so anders as gewoon; dit hang oor omber dakke en oor my tuin (in Brackenfell) se boom hoor hoe skree die kolgans en vlug by Simonsberg verby; voel hoe val die […]
trou
op my duin beskou ek liefde liefde van meeue vir mekaar paartjies wat saam broei-leef mekaar koester – sag versorg om trou te sweer aan iemand beloof voor God en jou naaste om te koester en lief te wees tot die dood ons skei sê almal op my duin sien ek baie rotse misbesmeerde rotse […]
APRIL PROJEK: Kommentare en uitslae
INK APRIL PROJEK: KOMMENTAAR EN UITSLAE: GEDIGTE: GOUD: Wenner: No. 9 (74%) – Carma Shaw met Vrydag 2de Plek: No. 12 (61%) – Carma Shaw met Oordenkingstyd 3de Plek: No. 1 (60%) – Anzè Bezuidenhout met Via Dolorosa van die Boabab SILWER: Wenner: No. 13 (60%) – Estelle Rubouw met Paasfees in Palistina BRONS: Wenner: No. 16 […]
Verbintenis
Stergradering: goud Die taal wat uit jou mond kom, Ma was my altyd net tot seën en die woorde oor jou lippe – soos edensblomme na die eerste lentereën. Jou spreuke en jou sprake het ‘n goue draad gespin wat kon hekel tot patrone; dit het wyd alom gekring – tot ‘n deken (snoesigsag) waaraan […]
Reen
REëN Dit drup daar buite Dit drup tot in my siel Waar rowe oor ongestorte trane Telkens weer stukkend, stadig verniel Dit drup daar buite Elke druppel ‘n sekond afgemeet Hoe oneindig lank hierdie nag Van wonder en nie weet Dit drup daar buite Elke tik jou naam uitgespel Hoe vernietigend hierdie seer My lewe […]
Die Kleure van Verdriet
Kleure van verdriet My klip hart bloei die bloed van my kind die bloed van my volk trane en bloed meng in riviere van rooi van rooi My gil, onaardse brul vul kloof en kronkel eggo in die nag die maan is donker die sterre sug dit is swart dit is swart L Lexow 2018
daar ver in stilte
daar waar jy diep en ver wegsink treur waar jy so ver is van my ver in diepe slaap en stilte sluimer stilste verste dieptes doof verlore skemer skadus net die duister troos sonloos somber donker verdriet bleek droomlande van stille stilte waar jy so ver is van my my skat ‘n wêreld sonder klank […]