Die Klein Dingetjies
Dis daai klein dingetjies wat tel- die son wat koebaai sê na ‘n ellendige dag met die belofte dat môre beter gaan wees, die wolke wat ooptrek na hulle geween het, die laaste kolwyntjie in die boks net vir jou om te gaps, die glimlag van ‘n geliefde- alles wat niks is tel tog.
stoor
hoog teen die berg regs bokant die hartebees huis het die ou stoor gestaan sy hoë grasdak kap het donker rus vertolk sy enigste deur was ‘n swaar soliede blok van geelhout uit die berge ‘n groot seskantige knop blink gevryf met hande swaar yster sleutel binne die stoor was daar geheime van ouds wa […]
Liewe Vrou
wanneer die samelewing ’n etiket op jou wil plak onthou jy is meer werd as edelstene* want jy vind jou waarde in God selfs al het die lewe jou telkens probeer breek veg jy harder terug liefste vrou jy is vrou maar tog ook ma dis jou gebede wat jou gesin deur dra en partykeer […]
Maskerbrigade
Masquerade! Paper faces on parade…Masquerade! Hide your face, so the world will never find you… Hoe waar het hierdie woorde uit Phantom of the Opera nie in ons daaglikse lewe geword nie! ‘n Lewe agter ‘n masker om ons gesigte weg te steek. Ons bedek ons gesig, nie ter wille van mense nie, maar ter […]
Poppemeesters en marionette
Ken jy ‘n poppemeester in die werklike lewe? Ek ken ‘n paar. Glo my, hulle is goed. Hulle het die poppespel vervolmaak in elke opsig. Ongelukkig geskied dit ten koste van menswees en gebeur dit op alle vlakke van die samelewing. Heel eerste is daar die politikuste met persoonlike agendas. Hierdie mans en dames, veral […]
baca
hoe lieflik skyn die son oor die baai vanoggend my siel verlang na vrede selfs die meeue sweef sag en die seeleeu klap se lede gelukkig is die mens wat lewe hul geniet en leef die seëninge wanneer hulle deur die duine stap tap die nektar uit fynbos se takke sypel stroompies water uit dyk […]
Toe die lig donker word en die donker lig word
“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God” Johannes vers een. Sewe dae en sewe nagte, het Adam gesweet, sy pleidooi die brandmerk van sy vrou van goed en kwaad te kou sewe raak sewentig en sewentig sewe en sewentig; donker in ‘n kil koue greep […]
Seisoenaal
ek was jonk en vry het in die lente waaghalsig rinkink kommerloos en dartelend gesystap elke stormwind om met volheid van somer tot volwassenheid te groei drome gejaag, potensiaal bereik uit vrug saad geskiet waarmee ek trots pryk met taan van groei is my hande deur herfs geboei laag vir laag my menswees geskil om […]
Waarlik vrou
Waarlik vrou Sy is ‘n roos met dorings wat steek; ‘n wasige wit katjiepiering wat maklik kneus. Soms is sy ‘n veldblom, haar waarde vergete of ‘n vetplant gehard om te oorleef. Sy kan ‘n verkleurmannetjie wees, brul soos ‘n leeu of spin soos ‘n katjie alles deel van haar optrede haar menslike reaksie want […]