Vrouwees
Vele fasette van vrouwees in haar wese en gees maak ‘n vrou in elke opsig uniek deel van ‘n Goddelike skeppingsplan. Daarom het God haar laaste gemaak uit elke skeppingsdag iets gehaal lig in donker, dag in nag leeu en lamkombinasie, met liefde so wyd as hemel en aarde. Uit die man is sy gemaak […]
Deur gate en krake
Die vensters van winter se ruite is bleek die rame daarom swart en vereneweer deur die son se skroei en die koue arms van die wind se loei Die skemer huil sag vanaand die donker verbloem die maan in die geiler ruimtes daar ver hang die wolke skeef oor die groot verlaat Sluiers van mis […]
annablom
wanneer die blomme kom dan juig die fynbos alom voëls kwetter en speel vrolik rooivalkies sweef grasieus wanneer die blomme kom dan swerf motors om en om almal kwitter en kwatter elke oomblik op fotos vas te lê wanneer die blomme kom gesiggies al agter die son aan soms verwaai in die sterk wind heeltyd […]
leierskap
sterk en vors staan die leier sterk van inbors en integriteit sy stem nooit onnodig luid of orig woorde eerlik bedink en geloofbaar sterk en beslis is sy besluitneming lei hy van voor af en altyd gerig foute kan hy maak as mens maar nederig genoeg is hy om dit persoonlik te erken wie is […]
Formidabele vrou
Diep in die donker nag met draai van uurglas hingel my gedagtes in huiwerende trag oor grense en gebeure wat deurskif uit geheue. Moeders in hierdie tyd wat verskeie skoene volstaan met (on)sekerheid in raakvat-hande wankellose tred dapper ankerstaan om in voorste linies te veg vir selfbehoud en eie reg. Waarheid lê verskuil in worsteloë […]
verworwe goed of kwaad
met een skreeu het hy die wêreld ingekom deur water en bloed was sy reis so kordaat almal het ver gereis en hulle staan verstom met net een knal het hy die wêreld verlaat elke aardse dag word miljoene babas gebore elkeen meer mooi vir hul ouers as enige ander geen kleur of ras maak […]
fragment
wind suis deur plate van die sink pandok langs geel koring land waar plaas heining loop daar in dorre sand aarde speel kinders geel en donker op en af hol hul in smal strate wat bak onder winter sonstrale spat daar vonke uit buise van gereg laat klein weeskind seuntjie in koma rook tuimel uit […]
Ars Poetica(silwer)
Is ‘n tronk ‘n tronk? stil terstond, in my kies, my mond- ‘n blom die grond ‘n kneukelhou ‘n uitklop klerts van die tongrol jol en met liefde koeterwaals in boksgeveg of in ballingskap na iewers vêr-vêr weg nes ‘n ouhond sy kneusplek lek, in heilige verbond ‘n digterstronk bly ek die slaaf van jou […]
roeringe
ou grysaard sit en roer haar pap stoom staan op uit die pot haar growwe hande skep vryf die pap tot baie fyn gesag onmiskenbaar matriargale stelsel werk goed ou grysaard sit weg gegooi onder sink afdak kookskerm vir ‘n dak op vuil goiingsakke slaap sy oor die rand borrel die rook uit waar die […]
Tonnel van vrees
Klanke eggo woordloos deur onrus skadu’s mense skarrel in nood na ‘n stukkie brood bebloede plaas aanvalle, vreesaanjaend deur die donker nag hoe maak dit sin? hoe kan mens hierdie wraak oorwin? Smeek vir nog ‘n kans die reuk van dood die angs, die pyn die roep om hulp! Dit maak mens bang uithou aanhou […]