As ek kon
As ek kon
sou ek al die foute van die verlede
reg wou maak …
sou ek
so graag meer oplettend en paraat
wou wees …
sou ek
graag die wolf voor die deur
dood wou maak …
maar tyd het nie brieke nie
keuses ken geen perke nie
en foute kan nie omgedraai word nie
as ek maar kon …
sou ek op spore terug wou loop
elke verkeerde bousteen
uit my lewe wou sloop
duur lewenslesse geleer
oplaas besef
wat gebeur het, het gebeur
vorm deel van die lewe se pyn en seer
waar jy begin en waar jy eindig
lê soms buite ons besluit
want waar ons wik
sal God beskik!
©Driekie Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Ek hou hiervan, mens voel seker almal so. Foute is die beste leerskool. Dis 'n fout as jy een keer verkeerd doen. Die tweede keer is dit 'n besluit.