Nie gebou vir gate grou
Nie gebou vir gate grou. Ek sien ‘n man wat in sy werksbakkie sit en pap eet, met vaal vleis in ‘n dooie sous. Daar dryf drie stukkies wortel. Die vleis is min, die pap baie. Hy het onder die koelteboom in die doodloopstraat parkeer. Ek blameer hom nie, die son hamer op die teer […]
Hond se gedagtes
Hond se gedagtes Janee, ek moes dit geweet het. Daai klein bruin bliksem moes nie hier kom rondsnuffel nie. Die baas het hom gesê om te voesek, maar hy het teruggekom. Ja, in dieselfde nag het hy weer deur die gat in die heining gekuip. Ek en die susters het hom ook gesê hy moet […]
DIE WIEL DRAAI HFSTK 13
HOOFSTUK 13 Die begin van 1964 het nie veel gebring nie. Bethlehem het sy eerste klas 15F lokomotiewe gekry wat botallig op ander depots graak het met elektrifikasie. Bethlehem kon dus nou bekostig om van die goederetreindrywers ook van skakel lokomotiewe te voorsien. Met die koms van die 15F lokomotiewe het Hans ook afskeid geneem […]
Die kronieke van Leon Voëlgemis
Leon het ʼn besonderse groot neus wat lyk soos ʼn slurp aan die voorkant van sy smal gesig. Sy neus maak sy oogbanke al die meer prominent terwyl sy snor die dun en altyd saam geperste lippe verberg. Sy kort vet vingertjies wat uit sy groot handpalm ontpop, is soos die punte van half opgeblase […]
Krismis konsternasie
Ding dong, lui die klokkie by die van Tonders se woning. “Pappa, gaan kyk gou wie dit is. Ek is in die kombuis besig!” gil Susan, uit die warm kombuis terwyl sy die sweet van haar voorkop afvee. Sy weet nie of dit nou die oond se hitte, of haar oorgangsjare is, wat haar vandag […]
Vark op die strand
Vark op die strand In Tanzanië was Sondag gewoonlik strand-dag, net ná kerk. Ons het sommer die strandgoed ingepak en onmiddellik ná die kerkdiens gery om die res van die dag luilekker te baljaar en te ontspan. Een van die gewildste en veiligste strande, was South Beach, net so vyftien minute se ry suid van […]
Springgety in Bongoyo
Springgety op Bongoyo So teenaan die kus van Tanzanië, eintlik baie naby, is daar ‘n hele spul klein eilandjies. Hulle word nie bewoon nie, maar is tog gewilde toeriste- aantreklikhede. Hier kan jy nou luilekker in die son lê en jouself heeltemal verbrand, jy kan die rotspoele ondersoek of jy kan in die warm tropiese […]
Kuifie en die Zanzibar spinnekop
Kuifie en die Zanzibar-spinnekop As mens in die strate van Stone Town, Zanzibar, loop is die argitektuur asook die plavei-straat en die historiese eenvoud baie interessant. So loop ons dié snikhete dag in Stone Town, op soek na lafenis en eetgoed. Dis elke dag snikwarm met temperature in die hoë twintigs en die lae dertigs […]
Rosie in die supermark
Rosie in die supermark Toe ons in Tanzanië aankom het, het ons ’n huishulp gehad met die naam Rosie. Rosie was ’n aangename persoon, maar kon nie ‘n woord Engels praat nie, sy kon net Swahili praat. Ons kon Engels praat, maar natuurlik geen woord Swahili nie. So gebeur dit dan dat elke ding na […]
Johanna en die trampolien
Johanna en die trampolien Die beste televisievertoning wat ek nog ooit gesien het was nie op die kassie gewees nie. My drie seuns besluit toe mos eendag dat die Masaai wagte, Johanna en Thomas, aan die wêreld van televisie voorgestel moet word. Die twee mans, ongewoond daaraan om binne groot huise soos ons ene in […]