RIDDERS VAN DIE YSTERPAD HOOFSTUK 2
HOOFSTUK 2 Dit is net toe hy lekker wegraak wat Maureen hom kom wakker maak om op te staan. Eers gaan bad hy en trek dan aan om saam met sy gesin te eet voordat hy aan diens moet gaan. Die Meiring huishouding is al gewoond daaraan om soms op die onmoontlikse tye te eet […]
Die T-SJÛÛTMAN se DOGTER
Die T-Sjûûtman se Dogter Ek wou iets by die t-sjûût-drukker hê, en in die wagtyd het ons oor ons Afrika-ondervindings gesels: Hy’t vertel dat sy dogter en haar man met ‘n ander paar in Suid-Afrika op vakansie was. Die laaste aand wou die twee vroue saam girl’s night out sonder die mans vier. Die twee […]
RIDDERS VAN DIE YSTERPAD HOOFSTUK 1
HOOFSTUK 1 Die Desember middagson bak ongenadiglik op Kroonstad neer in 1969. In n rooi baksteen spoorweghuis het Maureen Meiring nou net die blink kosblik met sy koperdeksel op die tafel neergesit om hom te begin pak vir haar man, n spesiale klas drywer, se skof vannag Bloemfontein toe. Volgens die roep briefie wat die […]
Die SAKKEROLLER se VERHAAL
Die Sakkeroller se Verhaal Op die vlooimark Sy was ‘n pragtige meisiekind, jonge vrou moet mens sê, kaalvoet met sterk bruin kuite. Haar rok het om haar knieholtes gefladder, en was stram om haar heupe gespan, en die welige haarbos het haar skouers gedek tot waar die bloese en haar gehekelde tjalie gereik het. Van […]
MOABIT, Berlyn
MOABIT, Berlyn Meneer M, ons wiskunde-onderwyser, het volgende staaltjie oor meneer L, ons langjarige chemie- en bio-onderwyser, vertel. ☼ Eers moet ek bietjie agtergrond gee. Dit gaan ook om meneer W, eerste voorsitter van ons Verband na die oorlog. Hy was daarvoor bekend dat hy, toe hy in die klas gebrul het, sy mond op […]
Stad van die Kinders, Stad van die Voëls
Stad van die Kinders, Stad van die Voëls Dis hoogsomer en ons kom laataand in die Park Hotel aan. Dit was ‘n lang, vermoeiende dag op die pad, en na ete is alle reisgenote bly om vroeg te gaan slaap. Die TV het niks om aan te bied nie, en ek maak gou lig uit. […]
‘n Kruispaasfees
Klein Talana staar na die deur en spits haar ore. Sy probeer luister of Ouma al wakker is. Talana hou haar asem op om beter te hoor, maar blaas dit teleurgesteld weer uit as sy agterkom dat die grootmense nog almal slaap. Dis ’n Saterdagmiddag in Paasnaweek. Talana en haar ouers kuier by Oupa Attie […]
Die JAGVERPAGTER
Die Jagverpagter Op ons driehonderdsieledorpie („Dorf”) het vroeër vier-en-veertig families geboer. Elkeen op sy strepie erfhof van ongeveer drie tot tien hektare. Die emigrasiegolf het gekom en die verblywende broer het die erfstukkie gekoop. Oorloë het gekom en die oorlewende broer het of geërf en/of die weduwee getrou. Altyd weer emigrasie daartussen. Dan het die […]
Duitse Hof- of Plaasname
Duitse Hof- of Plaasname Vyftig en meer jare gelede het iemand vertel oor die kartering van die Zuid-Afrikaansche Republiek (meen ek), en die landvermesser het in ink die opstal van ‘n plaas daardoer êrens ingeteken. Toe vra hy, hoe die plaas heet. Nee, hy het geen naam nie, kry hy as antwoord van die boervrou […]
Veilthin se laaste Massage
Veilthin* se laaste Massage In die Harzberge* sien mens eienaardige rotsformasies: Verskuiwings en verwerpings soos in ‘n abstrakte skildery. Dagsome loer tussen die bome uit die Steilhange van berge uit. Juis so ‘n koppie aan ‘n ooshang het my aandag getrek. Soos ‘n blougroen puisie op ‘n leiklipneus. Waarskynlik ‘n agaatdroesem in kopererts. Om hom […]