DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 5
HOOFSTUK 5 Dit is n winderige drie dae later toe Jan Viviers, plaasboer, sy grensdrade te perd patrolleer. Fyn waarnemer wat hy is word sy nuuskierigheid geprikkel oor n klomp aasvoëls wat in die lug bokant die verlate mynskag ronddraai. Uit ondervinding weet hy waar die aasvoëls so draai moet daar iets dood wees. Sy […]
DIE ANDER VROU
Ek kyk na die gesig in die spieël. Blink oë en appelkoos wange. Nie omdat ek sopas uit ‘n lekker warm bad geklim het nie, maar oor die gebeure van die afgelope vier-en-twintig uur. Ek het vanoggend wakker geword as ‘n mevrou met haar eerste huweliksnag agter die blad. My maag kla my aan met […]
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 4
HOOFSTUK 4 Stephen Morrison se eerste waarskuwing dat daar fout is is toe selfoon vier uur die middag lui. Toe hy antwoord sien hy dat dit die hekwag is wat hom skakel en antwoord hy: “James is daar n probleem”. “Meneer, ek weet nie of ek nou verkeerd is nie maar mevrou Morrison het nog […]
Saphira se Storm
Saphira hou die swartkop seuntjie dop wat rondhardloop met sy klein boog en koker vol pyle. Hy’s nogal goed daarmee – vir ‘n klein monster. ‘Kyk, Saphira! Ek gaan jou op jou wit vlek skiet!’ skree hy parmantig en mik vir haar. Sy gluur vir hom. Niemand – niemand – hou ‘n wapen na haar […]
Bariumsulfiet en Pergasie
Bariumsulfaat en Purgasie. Ek het my dié storie so veertigjaar gelede laat vertel deur oom Piet uit die Noord-Transvaalse bosveld. Glo erg geplaag gewees met sy maag. Skaars iets geëet of gedrink of hy wil dood van sooibrand. So erg sêg hy, dit brand soms van dóér onder uit sy maag al apdraende verby kronkel- […]
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 3
HOOFSTUK 3 Dit is n sonnige Vrydag oggend toe Rebecca Morrison in haar Mercedes klim vir haar weeklike afspraak by die skoonheidsalon. Terwyl sy die Mercedes aanskakel beskou sy haarself vir oulaas in die tru spieël. Sy frons n oomblik en sien die fyn plooitjies op haar gesig wat haar glad nie aanstaan nie. Sy […]
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 2
HOOFSTUK 2 Haar eerste stap was om uit te vind waar Stephen en Rebecca bly. Dit was maklik, een aand nadat hulle hulle self in die liefde verdrink het en Stephen nakend in haar bed gelê en slaap het het sy in sy baadjiesakke en beursie gekrap. Daar het sy n Medic Alert kaartjie gekry […]
Padkaart van Are
Dit word al moeiliker om my fingers te buig. My ringe pas al lankal nie meer nie en kort naels is my voorland. Partykeer lyk die are wat uitstaan op my hande soos ‘n padkaart wat makliker gevolg kan word as die lyne wat sogenaamde palm-lesers so graag wil vertolk. Die pyn maak dat ek […]
Nagmerrie van Pyn
Tyd het geen betekenis nie. Roetine maak dat een dag in ‘n ander in loop en selfs naweke nie van mekaar onderskei kan word nie. Partykeer is dit ‘n goeie ding, hierdie lewe waar daar skaars gedink hoef te word. Veral die dae wanneer pyn regeer en dit moeilik is om een woord agter die […]
OUMA SE DROOM
Dis nog vroeg en ek is dik deur die slaap. Ek staan seker al ‘n kwartuur lank onder die stort in die hoop om wakker te word, maar die warm water maak my net lomerig en lus om terug te klim in my bed. Hoekom alweer ek? Die onsmaaklike taak om Ouma haarkapper toe te […]