. . . dan kom ek weer
ek kom weer as dit lente in jou Kaap is op ‘n dag wat dit eindelik ophou reën en ‘n koor van duisende oggendvoëls met ‘n môrelied jou nuwe dag sal seën ek kom weer as jou Namakwaland aan’t blom is jou soetgras wuiwend oor Vrystaat velde baan fonteine borrel uit jou aarde se barheid […]
Vir Natalia . . . noudat jy 16 is (enkele gedagtes)
my kind: die een jaar volg die ander tyd staan nimmer stil en sestien’s net ‘n oomblik lank geen uur is te verspil onthou – voëls vlug deur die hemel daar’s rusplek op die grond bloeisels vly teen takke die volmaan tinkan rond die herfs se son is lou my kind die winterwind waai koud […]
Boulevard sonsak
Hoe mooi kan ‘n dag wat oor see en kim verdyn vir oulaas sy gloed oor ou Tafelberg laat kwyn daar waar wolke vlies in strepe van oranje-appelkoos en die hemel – wat eens blou was – skakeer tot rooi framboos. Weer vertoef ek vir ‘n wyle om te kyk hoe kranse éwig . . […]
Ons Verlangende Harte…
Wanneer verlange met sy hande my hart omvou, dink ek aan elke goeie kosbare oomblik saam met jou. Dan voel ek so nader – tog so nader aan jou hart! Voel ek hoe elke goeie herrinering binne my vergader, bly die pad na jou toe, die enigste een wat ek oor en oor sal vat. […]
Die edel van amber
In Pole – waar dit koud is – aan die Baltiese-see se kus in ‘n land van baie sneeu en reën en mis het – miljoene jaar gelee’ – ‘n boom – in immergroen geklee – harstrane oor haar stam laat loop warm-goud in kleur en muskus was die geur harpuisgom het uit wonde van […]
Môre is nie verseker…
Ons sê altyd, môre is nog ‘n dag, maar wat as môre nooit vir jou kom nie, wat as môre nie daar vir jou wag, gister is verby, môre moet nog kom, geniet vandag, nou op die oomblik is wat saak maak, want môre sien jy dalk nie weer die son, alhoewel Hy oor jou […]
Bly altyd in my lewe
In my lewe, weet ek, ek was al baie verkeerd, ek sal dit weer en weer erken, baie mense het gekom en gegaan, net sommiges het ek vergeet, maar ons was nie verkeerd om mekaar se harte te wen. In my lewe, het die beste ding gebeur, jy’t daarin gestap, ons het meer van mekaar […]