SOLO
“one day she found her song and sung her truth and the woman that this cold world had known disappeared”–J M Storm— solo vreesbevange vir die sprong in die duister blindelings gedurf veilig geland ys gesplinter snakkend moed gegryp uit die donker vlerke gesprei gesweef na selfontdekking verborgenhede oopgevlek woorde en verse het ontsnap vryheid […]
Oumense en Elfies
Die houtvuurtjie knetter om stories te hoor en ons sit al klaar in ons drome verloor om grootoog met muisoortjies te luister wat Oupa se elfies saans vir hom fluister! En Oupa vertel van die Son en die Maan en van elfies wat ook maar eendag doodgaan… Maar Oupa se stories sê darem bý Oupa […]
EK KEN
Ek ken ‘n woordeboek se skrywer sy voornaam AFRIKAANS en sy van MY TAAL Hy woon in hartskamers van die Kaap tot in Transvaal en stook die vonke van ‘n ou kombuistaal tot suiwer Afrikaans Die woordeboek se smeltery spat suiwer letters van Namakwaland tot in die Baai waar skrywers bakhand staan om neer te […]
TERUG TUIS
Struikel-struikel, stort ‘n goue blaar gehupstoot deur die laataand windjie op die grasperk se stoppelbaard vernederd neer terwyl die maan haastig glimlag en weghaas sy skoonheid net ‘n korrel verf gespil deur die Opperhand Roer ‘n doringboom ekstaties op die maat van die stormnag se ritme slaan die weerlig op die nag se dromme en […]
Meesterstuk
Dit was soos kuns Wat gewag het om te gebeur Dit was perfek: Die musiek Die sterre Die alleen wees Jy Gegryp wat ons kan Voor die tyd als weer kom wegvat Gedoen wat ons kan Met die bietjie van onsself wat daar was Dit was soos kuns Wat gewag het om te gebeur Toe […]
Paradoks
Vir ‘n oomblik kon ek my hart buite my hoor klop Vir ‘n oomblik was my hart weer op ‘n plek waar net ‘n kind sin kan wees Vir ‘n oomblik het ek buite my mure rond gedwaal Vir ‘n oomblik het ‘n vreemdeling bekend gevoel n oomblik was genoeg om alles te verander Vir […]
Teerheid
Teerheid Die mens het ‘n onbewuste teerheid,maar dis instinktief by die dier, en gewaar die hen ‘n valk wat in die lug bokant hulle sirkel kloek sy ‘n waarskuwing en die kuikentjies kruip onder haar vlerke in en die wildsbokkies waak en steek hulle lammertlies weg in obskure lêplekkies — Teerheid is by die mens […]
KAROO, GOED VIR JOU SIEL…
Heerlik skyn die son oor die Karoo-vlaktes, pragtig sing die voëltjies in die bome op die plaas. Word dit daagliks ons lewenslied, so mooi in geluid en melodie. Hoor en voel hoe word jou dag so opgetoor, kan mens ook elke dag dankbaar wees, en die skoonheid van die Karooo bekoor. Sing saam, want dis […]
Vir stukkies sonskyn liefde
Voel soos gister maar met baie jare en gebeure tussenin die son se stilte sprei oor die mǒre-dou Ek onthou nog jou lag so kinderlik onskuldig…sag my gedagtes dwaal deur die holtes van die nag Die son sal ons veilig dophou selfs wanneer wolke hom toebou maar iewers het ons langs die pad verdwaal Al’s […]
Anyway . . . (‘n WhatsApp versie)
Ek’t maar net vandag gewonder hoe dit met jou gaan. Ek het weer laasnag so sleg geslaap, en toe maar vroegvroeg opgestaan. Die twee brakkies is al om my, hul speel heeldag op die bed. So, ek voel nooit juis alleen nie, dis als plesier en pret 😃 Dinge by die werk sukkel egter nou, […]