Ou Koos
En ja, ou Koos, het toe mos sonder blik of bloos met ñ kop vol gevlegte toutjies Rastafarier geword – Nou dra ou Koos ‘n lang wit toga oor sy kruisbande en tonteldoos – Luister, ou Koos in plaas van sakkie-sakkie nou reggae – Eet, ou Koos in plaas van varkkaiïngs nou Chakalaka – rook, […]
Te laat
‘n Glimlag is nie veronderstel om swaar te voel nie Die seer in jou hart was nooit vir jou bedoel nie Nou sit ons hier en raak weer dronk En verlief, my lief Nou weet my hart nie wat om te maak nie Hy moes nooit weer op jou verlief raak nie Nou sit ons […]
Nog ‘n Waterlose jaar
Klaarstroom lê hygend tussen hete leikliprante waaroor in onverdraag dor winde waai uit alle kante; en skeefweg na die Suide vul dwarrels sonverdroog van vroegdag reeds die eens asuurbloulug tot wasigboog. Die ooste vlam laag oor die rant in bewend’ hittegloed wat elke spriet en blaar verdor wat mens en dier moes voed en bo […]
Terreur
Terreur Attaturk, ‘n simbool van hedendaagse terreur— Oral slaan aanvalle op onskuldiges toe soos masels dan hier, dan daar in ‘n morele gisting en verrotting van magsmisbruik en verdrukking wat die onheilige heksepot laat oorkook en landsburgers en masse soos rotte laat spat oor see en land in wanordelike apokaliptiese omvang— Dis enkelinge of groepe […]
Terugblikke
Terugblikke Ek is lief vir die lewe en die skepping want God self het Sy handewerk goed gevind— My liefde vlerk swewend verkennend oor ons wye uitgestrekte savannevlaktes en woestyne se golwende duine sandhope in die verre weste tot by die malse groen woude en bosse in die verre ooste—¬ Tussen al die wisselende landskappe […]
Slapeloos in die voorstad
Mamma, is jy wakker ek kan nie slaap nie, Ma. Dis twee-uur in die oggend en dis donker hier by my. Buite in die straat ry ‘n kar nou net verby – deur skrefies in die blinding breek die maan. Mamma, ek tel my vrese een vir een en soms lê ek en wonder of […]
DIE HUISBESOEK (GEDAGTES)
Die verlede kom doen huisbesoek vandag en ek is nie reg nie ek jaag eers die maer skape van my gedagtes veld toe en praat mooi praatjies met die lewe se aanstap melkkoeie wat die room van menswees vir my moet bring. Ek help die nag om sy slaapplek tussen die skurwe vingers van die […]
DIE DAG VERLAAT MY HUIS
Ek loop die dag se stof op my voorstoep raak en soek die woordeboek waaruit ‘n digter woorde alfabeties mooi kan maak Ek laat die son sy druipstert loop begaan al agter die nag se voorosse aan en flikflooi met die Aandster wat sy wit lig in die hemelnag ontdooi Ek druk die voorstoep skakelaar […]
Die Passie van Himeros
Die passie van Himeros* Hy voer haar met dadels en heuning en balsem haar son-bruin lyf met reukolie en nektar. Lê haar neer op die altaar van sy liefde en laat haar lang donkerhare soos ‘n sluier oor die klippers van sy hart hang. Hy bedruip haar met die heilige water uit die stroom van […]
Giraf Se Ode
Giraf Se Ode Ek is ‘n sierlike langnek giraf en kyk trots ver oor die savannes heen waar wildstroppe rustig wei en ver op die einder golwend ‘n waterlose mirage— O,ek ken oorvloed en ek ken droogtes en is lief vir ons kronkelende waterweë en hier op die vlaktes die koeltebome en ruie bosse langs […]