~ Daar is somer in jou winter ~
Soms verval ek in wanhoopsure as ek deur ongure weer moet beur om by jou uit te kom. Steeds doen ek dit. As ek by jou is kan ek kruisbeen teen jou bors opkrul, my verwarm teen somer wat permanent in jou nek en hande gesetel is, waarmee jy blomme in my lyf laat bot […]
Jou blou
Jou blou waar jy presies vandaan gekom het weet ek nou nog nie – skemer was bleker as voorheen en ou son strepe het nog vaagweg teen die horison geteem die maan het haarself moeisaam teen my einders opgehys so asof sy jou koms wou verkondig, jou witskrif teen my naghemel wou wys naïef het […]
Die Romantiek Is Geskaad
Die Romantiek Is Geskaad Dit lyk so romanties maar sê nie veel van die eie ek se gevoelslewe of gebrek daaraan maar koelkop weet jy al bekoor sterretjies die oog stuur hul vonkel geen liefdesglans na benede synde dooie materie en gevoelloos en op die volrond blink maan so romanties lê oral mensespore rond Die […]
gebind
gebind I want to be with someone, who dreams of doing everything in life, and nothing on a rainy Sunday afternoon – Atticus as ek besef, met ‘n traan begryp, dat ek jou sien weerkaats binne my, jou lag wat saggies kwyn, myne met trekkende skyn… jou vat so sag, myne in dringende nood… jou […]
Omwenteling
Jy dryf saggies in jou eie donker rond En raak stilletjies weg stukkie vir stukkie verloor jy jou self Dag na dag Vir ‘n leeftyd lank Jy word ingesluk Amper verorber Vir ‘n oomblik, net voor jy groet, Sekellag jy Jy is ‘n vegter Al lyk dit nie so nie ‘n oomblik se rus En […]
#WhiteMenMustFall
die donker dolkpunte van hul ideologies pupille sny my keel-af slagofferlam Wit Middeljarige Man : en natuurlik glimlag ek beleefd terug
Elegie
Elegie Ouboet, hoor die nanag se sang, die roep van die korhaan hang nog in die lug en die nagvolkies bang, het lankal die slaap gaan opvang en ‘n nuwe dag strek hande na jou uit nooi kom en leef voluit— Ouboet, hoor jy die voëls se gekwetter, die natuur se wekkers vrolik trompetter, ontwaak […]
Gelukkig-klink-gedigte
Drome Skuil in verse Pyn Agter woorde ‘n hartseer-traan Op die papier Waar ek sê Jy maak my gelukkig My vuis Slaan woedend ‘n Glimlag Tussen lyne vas Woorde Verse Paragrawe Oor jou In ‘n koevert Netjies geseel En vir altyd Toegevou
Help my onthou
help my onthou die droomblou in jou oë as ek liefd’ryk daarin kyk voor gedagtes grys word en skakerings mettertyd sleepvoet daaruit wyk help my onthou die strelend lied van jou stem as jy male sonder tal neurie hoe kosbaar ek is en hoe jy voel spesifieke klank sal stadig verdwyn soos organe oppak deurtrek […]