Een twee drie blok myself
Hoop sonder ophou al is daar geen hoop en glo sonder einde al kan jy nie meer glo. Bo my blok die plafon dat geen gebed deurkom. Onder my lê klippe gesaai wat my laat val en draai. Goed gekondisioneer, gebreinspoel en geleer om te glo, hoop en vertrou. Hoe hou jy aan, as dit […]
Dieptes
Dieptes In geestelike resessie gevange in donker kelders van depressie doolhowe wat lei na nêrens, vaag elders— Uitgange is versteek jy bly verlore vassteek elke oplossing ‘n impasse en gladnie opgewasse aanvaar jy alles gelate verlate jy’s geen bate— Die put het geen lere ook geen wysgere om ‘n tou af te rol en jou […]
Die gedig is vir jou
Ek skryf die, vir jou, Want jy verdien ‘n gedig Jy verdien meer as dit Jy verdien die wêreld, Maar al hoe ek my hart kan gee is as hy soos ‘n gedig lyk Ek skryf vir jou oë Want ek weet die blink steek ‘n leeftyd se seer weg Ek skryf vir jou hart […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n vér verlanggedig
Dis skemeroggend en dis winter maar die hemel skilderdoek skroomloos in oranje van hier by my tot oor die kranse by Franschhoek. En wyl die son nog effe sku agter veraf pieke hang moet ek verleë erken, my lief dat ek soms skaamteloos verlang ~ na jou en na plekke ver van hier. * Na […]
Droogmond prewel
Op die verweerde winter horte van my diepste binnesluis brand warm koker vure, én daar komponeer jy dan ‘n minnesang op die nat wasems van ‘n vergete ruit Snoer jy my blanke hals in fluisterklanke – wat soos ‘n wingerd van pêrels, in violet bot omkrul my voel met rankvingers van ‘n immergroen Sag omsoom […]
Oral daar
Waar sonneblomkoppe hemelwaarts keer verf sonbal sy strale teen plafon van sfeer waar paddas eentonig in rietjiesvlei murmureer en walvisse die magtige oseaan domineer by skedelkus waar son skeepswrakke verweer en wit beendere verder disintegreer in kranse hoog waar arend triomfeer en in bosveld wat droogte moet trotseer oral ja oral het ek net weer […]
Gebed: In, maar nie uit die wêreld
“Sou ek nie bìtter graag wou ken die oorsprong van my angs en vrees? Dan sou ek mos as enkeling gehoorsaam dat ek stil moes wees in onvervreembaarwete dat U Stem vermaan: “Hier bly jy net ’n Vreemdeling.” O Heer, as eens my tent beginne reep en ek in eie vasgevange sonde tot U smeek; […]
Sien Is Glo, En Glo Is Sien
Sien Is Glo en Glo Is Sien. O, om net kan sien, om net te kan hoor, en met albei gawes geseënd te wees! Sien is glo, en glo is sien, maar uit rebelsheid beur mense stroomop en is horende doof en siende blind omdat moedswillig die gawes van rede en insig opsy geveeg word […]
DIE WINTER HET BEGIN
Die maan het gisteraand ‘n traan laat dros tot op die nagskilder se pallet wat silver spatsels klots teen bakkersbossies waar naggoggas reisagente by die voordam se oorloop bekkie speel en somer blaar armades wegseil om plek te maak vir die winter wat begin Die maan se skewe wit glimlag skoffel die nag se speelkaarte […]
Soos ‘n Wildsbokkie
Soos ‘n Wildsbokkie Waarom vrees mense die stilte en om alleen te wees? Waarom liewer een met die skare ingehok In oorvol kafeetjies, winkels en restaurant onrustig en bang om eenkant afgesonder te wees— Vanwaar die kudde instink van veilig in die groep? Ons sekuriteit is gesteel, die alleenmens het ‘n prooi geword agter slot […]