Maankyker
Al ooit gespring en ‘n ster probeer vang En vir ‘n oomblik aan die hemel bly hang Toe daar niemand anders was nie Toe laat jy maar gaan En beland weer op jou rug Onder die maan Al was jy alleen Het jy daar bly lê Om te sien of die donker Iemand soos jy […]
Ek is maar kosmos
saamgebondel in geen spesifieke vorm gerangskik in pastel neffens doringdraad indringerbome wat beskerming bied oor ons wit, pers en skakering pienk neurie ‘n hartseerwals in golf van wind halfpad deur ydel reën en stof verslind maar ons is die natuur se pragportret deur Sy hand self gesaai, neergeprent
‘n Penvriend
Ek wonder wat sou gebeur as my hart kon skryf Sou hy ook geskryf het oor hoe hy voel Elke keer as hy jou onthou Of sou hy skryf oor hoe hy homself probeer regmaak Elke keer as hy homself stukkend val Dalk skryf hy net oor die oomblikke Wat hom vinniger maak klop het […]
Flidder Fladder
Al’s draai om die koue son dis die raaisel tot jyself eendag daar kom Ek staan stil verlore en staar na buite in my gedagtes sien ek die vlinder sagte bloeisel blaartjies wat fladder in die wind en dit waai deur my gisters wat was wat in die holte van die halfmaan gaan lӗ en […]
Woestyn
skynbaar leeg en Godsverlate strek jou wye bruinkombers van hoek tot horisonkant en in sandkorrelstrate net enkel dier en plant wat stadige aksie roer maar moenie uit gedagte verloor Hy het jou met Sy skilderhand neergepen en fyn beplan sodat elkeen met sandvoetspoor jou skoonheid en bekoring netjies in geheuebank stoor slegs enkele druppels uit […]
Ek Breek Los
Ek Breek Los (Visuele Stimulasie) My bedrukte gees was ingedam in ‘n goudvis mentaliteit van om en om begrensde denke se om en om futiele aan en aan geswem maar ek breek los van die goudvissimbool pak sorge, verlange en verdriet in ‘n oorvol koffer en stap die branders in om alles daar te gaan […]
Dwarrel’swaai
Wanneer die dag draai sal die donker wolke padgee die glimlag van die son verbrysel in sy vlamme krag Sypel die lied van die veld onder die skaduwee van ‘n boom in die stilte versplinter kil en onbemin Draai die maan haar rug op die middag sug maar in ‘n blits van trou in die […]
Veilige hawe
Knus pas die donker se jas om my psige wat rond tas, waar deurlating van lig slegs ‘n mite is. Selfs die ritseling van blare is ‘n droom wat net waar word in die roering van die wind, waar dit uit my longe rigting vind. Na buite, na bo verrys dit sonder stop of terugdraai, […]
‘n Gedagte weg
Ek is jammer jyt vergeet hoe liefde voel Ek is jammer dat ‘n dag so seer kan wees Ek is jammer jy moes soveel aande skree-bid en sonder antwoorde jouself aan die slaap huil Ek wil he jy moet sterk staan En als onthou wat ek jou geleer het Anders was my tyd saam jou […]
Ons land brand
Die vlerke flap fladder-fladder, terwyl spiere oor vlerkspan in harmonie saamwerk, om so, deur die lug te trek. Die lug stroom, asof in droom om vaart belynde vorm en ‘n mossie swiep vinnig verby om seerkry te vermy, maar in jou kyk is waar die aarde in veelkleur resoneer wagtend met asem…opgehou vir die oomblik […]