Vlam en Vonkie se vurige vryery (Goud)
Vlam en Vonkie se vurige vryery Vlam Verwey was ‘n rooikop van negentien wat bier bedien in die onderdorp-kantien sy het gedroom van ‘n beter lewe ver van hier toe kry sy vir oom Vonkie sekuur in haar visier sy het hom gretig bedien en gehou van wat sy sien en Vonkie het geglo dat […]
Oukraalvreugde
Oukraalvreugde Soggens vroeg ná ‘n koue aand stoom die grond sy laaste koue blaas. Ou Blink Stefaans staan langs die groot klipdam. Só het Oupa die windpomp benoem. Om die watersoeker lê duwweltjievlakte gesaai, geel blomme, tog so fraai. Sou jy gaan vir ‘n kaalvoetstap in Duwweltjielaan, daar by die groot klipdam, sal jy groot […]
Sonneblom so vry
Sonneblom so vry In ‘n wêreld donkergrys wil die mens met gegedagtes die mooi wegwys. Probleme op die skouers gelaai, met goeie hoop weggepak in ‘n donker tas. Kyk dan maar net na ons sonneblom, met sy koppie hoog gedraai. Dit maak nie saak wat die wind mag bring nie. Tot die dag wat hy weer […]
Gil tot jy daarvan hou
Gil tot jy daarvan hou Aan woorde moes ek al kou, fyn, keer op keer. En dit nou alles oor iemand anders se opspringhumeur. Bly eerder stil, hoor ons soveel keer. Tog bly die hart geen klip. Hy kry ook seer. Sou ander se duiwels hulle tot vloek en skel wil jaag, raak maar rustig […]
oewers van die gees
die oggend se vuur het vinnig uitgebrand nou lê al my drome so kaal op die strand berge staan stom in die grys middag-uur my jeug is verby soos ’n vlugtende uur spoke van duisterheid kom in die nag hulle steel van my voete die ritme en krag storms van ouderdom breek […]
melankolie
met ‘n kwaf en al in jou trourok van taf het ek jou melankolie destyds ontmoet die sielvolle oomblikke vasgepen in my geheue daar was tawwe jare jy moes taf wees soos ’n salmander deur vuur gaan om hierdie wese te verstaan © Tearlach. (Melankolies – sombere weemoed soms swaarmoedig kwaf – bolla […]
Vaste voet
# Silwer Vaste voet Laat ék vir jou vertel van die hemel en die hel en ‘n korpad van “tussen-in”. “Tussen-in” is nie warm óf koud- dis verslane sout, en sy godsdiens is “almals’n”. Jy sit op kortpad se draad met jou maters en praat en spog oor jou enkelspoor ! […]
Liedjie sonder wysie
Liedjie sonder wysie Vir jou sal ek eerder graag ‘n lied wou skryf. Vertel oor al die mooi, maar ek sou dan soos gewoonlik oordryf. Op my kitaar sal ek vir jou speel, maar jy sal saam moet sing sodat ons noot kan hou. Ek wou vir jou rose bring, maar die wit daisies was […]
Bont spore
Bont spore Somtyds word spore diep getrap, ander stap net verby. Joune het stil kom staan, soos bont verfspore op ‘n spierwit mat. Jy het verkies om ‘n duidelike merk te los wat vir altyd sal agterbly. Elke tree wys ‘n stukkie van wie jy is. Soms lag, soms huil, maar nooit wys daar ooit […]