Seun in die park
Seun in die Park Op ‘n bankie sit hy op sy eie, staar met twyfel in sy vuil gesig. Ek vra: “Wat makeer?” Hy sê: “Waarom moet kinders by grootmense leer?” Met min woorde probeer ek my beste gee. Hy kyk na my asof my kop nou raas. “Ek het al geval, my voortande uit, […]
Tannie Brenda
Tannie Brenda Eerste oog op slag was sy maar redelik suur. Haar harde stem was moeilik om te verduur. Vir jare het sy geleef in n huisie gelap en plak. Naby die see is al waar sy wil wees. Met n sigaret in die hand wou sy almal se stories hoor. Soms kon jy sien, […]
‘n Wagtende vriend (Goud)
my huis staan vas, ’n wagtende vriend met deure wyd oop soos arms wat jou innooi die lang gang, ’n pad van fluisterende voetstappe eggo met die ritme van my hart se klop die dak is gemaak van drome – hoog en wyd beskut my teen die lewe se woeste storms die vensters glimlag na […]
Sade in die wind
Sade in die Wind Wind en see op dorre land het ek geken. Plant en saai was onbekend vir my. My land bewerk, die gevoel was eg. Gesaai en goed gemaai. Ek het my rug op die wind gedraai. Kon ek maar net na die stemme luister. Op my eie raak ek die pad byster. […]
Geloof hoop liefde en die lewe
Geloof, Hoop, Liefde en die Lewe Iewers het elkeen maar ‘n stukkie donker op hul pad. Geluk kom kuier ook, soos die wiel draai. Soms sien ons, maar kyk nie. Hoor ons, maar luister nie. Trap in dorings, wens vir skoene. Skop hulle weer uit en besluit: dit is nou klaar getrek. Soms soek ons die […]
Tannie met die Bos Hare
Tannie met die Bos Hare Op haar stoep sit sy en gesels met witborskraaie. Ek stap verby. Sy roep na my. “Ja, jy!” Ek kyk om. “Jy loop maar lekker ver met al jou draaie.” “Hoe dan so?” wou ek weet. “Jy dink ek is verkeerd? Jy dra jou dood aan gister. Daar is geen […]
winter (Goud)
elke Junie-Julie-Augustus wanneer die son hom bleek-siek uibloei oor my bloekombos…en my gemoed wanneer die natuur sy winterkleure vereenselwig met my blik op die veld om my verlang ek bib’rend-broos na my klein-kind-winters wat dan so warm en knus was © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2026 […]
nalatenskap (Goud)
sou ek nou tot sterwe kom sal niemand sê: …wat ‘n verlies! ek wou haar nog ontmoet… nie ek is g’n woordmeester nie my verse is stil, ingetoë hul grense lê knap en ná aan huis en haard daarom leef daar (nog) geen poëtiese beleënheid in my oë nie ek het geen letterkundige nalatenskap om […]