Legkaart
LEGKAART God plaas ‘n legkaart voor jou neer, die stukke deurmekaar: Jou lewensprent moet jy nou bou. Jy soek en skommel, pas. Tussen die donkerte en lig neem die patroon ‘n vorm aan. Uniek is die patroon. En dan: Die kleur verdiep. Die pyn verdiep. Dis seer, o Heer ….! Kan ek nie maar van […]
GENEES MY – SONDAAR SE GEBED
Nederig Heer val ek oor die sondes van Eden my erfstuk nederig Heer soek ek U genade deur geboorte uit U Gees Kaal gestroop van al my aardse kastele vervalste mure deur U Liefde afgebreek kaal gestroop en stukkend aan U deurboorde voete stil verslaan Kyk my nie verby my Heiland vergewe my my dade […]
VIA DOLOROSA – DIE PAD VAN PYN
Lag-lag skinder lag verstoot, bebloed stap die Timmerman deur Romeinse kleiteëlpaaie na spykers wat op Golgota lê wag Die uitverkore nasie spoeg en jaag die donkie met uitgedroogde palmblare weg spoeg beledigende woorde dra Jou eie kruis Skarlaken gedrapeerde mensgemaakte soldate jaag die nasie weg van Pontius Pilates Barnabas verkore geen spykers vir sy hand […]
Ons skuld is vereffen
Al skawend het Hy met Sy kruis aangestap terwyl bloedstrome oor Sy wange aftap ’n doringkroon is op Sy hoof neergesit sodat omstanders daaruit genot kon put Op Golgota word Hy gehys aan Sykruis tussen twee sondaars aan die wêreld gewys met spykers deur hande en voete geslaan stort Maria Magdalena die soveelste traan Met […]
Kerklike Mafia
Die trotse adel van die kerk in felle haat gesterk en hovaardig geklee in purper gewaad, terugskouend soos ‘n kerklike mafia, sing in magsvertoon hul eie Gloria— Die Lam so onwaardig geskaad se gees en siel met glans en heerlikheid omhul is tydelik met plaasbeklederskuld verhul maar het weer in opstandingsglorie deurgebars en oorskyn ons […]
Paasfees
Paasfees Hulle spot en sê dis ‘n ou cliché, ‘n holruggeryde mite jaarliks eenders ingeklee, maar deur die eeue eggo dit ewig nuut, dein dit wêreldwyd uit in heilige saluut: “Die Here het opgestaan, Hy het waarlik opgestaan,”! sodat ons ook kan opstaan uit ons sondige bestaan gered van sondesmet té swak en gering om […]
Eie Afgrond
Soos strome klots oor klippe van vinnig-vloeieind’ rivier kronkelend deur klowe in malende massa oor waterval rant stort om as skuimend’ maalkolk onder weer dowwer word Rustig verder voortvloei tussen geilgroen oewerbank selfgevormd’ weg vind tot by die oopbek wag van massiewe oseaan So ons lewenswandel oor rowwe rotse ploeter wat skerp oor weë wag […]
As somers winter braak
Hoe griffel jy as mens – silwersoet herinnering, as die vlymskerp dolk, jou hartmuur binnedring. Hoe vrysweef jy soos arend – op wasem van wonderwolk, as jou drome weer verbrokkel, soos jy liefde krom vertolk. Hoe loop jy die laaste myl – as horisonne swart ontwaak, oor verspilde kleurlentes, wat in die somer winter braak. […]
Brief aan my kroos
Wanneer die kersvlam flikkerend verflou sal jul o sal jul my dierbare kroos die omgee en liefde van jul mamma onthou Soos donderweer dreun weet ek was ook bang maar dis net Liewe Jesus wat Sy reëndruppels vang so wees dan nooit bevrees kyk ek sal in die wolke wees As jul voor ‘n kruispad […]
In ‘n hartseer land
In ‘n land van melk en heuning doof klank van Magtige dreuning daar om pot van putupap en wors vrek ‘n nasie van honger en dors In ‘n land van snuifgom en tik ontbreek dissipline – ouers verstik langs die lieflik sprankel fonteine borrel suurwater – afval deur myne In ‘n land van osstert potjiekos […]