Poort van die heuningbye – Hoofstuk 7
Poort van die Heuning Bye (7) Die Perde draf op ‘n egalige pas. Oom Kobus hou die leisels lossies in sy hande terwyl hy sy pyp stop uit die Magaliesberg tabaksakkie. Hierdie tabaksakkies knip haar Moeder oop en bleik dit en sy werk dit netjies aan mekaar vir sagte afdroog doeke in die kombuis. Tilda […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 6
Poort van die Heuning bye (6) Die vreemde man op die perdekar klim af, geklee in ‘n sagte geruite egte wol baadjie, met ʼn donker bruin broek en ‘n sag rooi krawat om sy nek sy bruin skoene is soos haar Pa se kerk skoene sag en blink. Hy stap om die perde kar na […]
boude en blaaie
– skraal is hy, maar ses voet ses staan hy stadig op van sy knieë die rooibok oor sy skouers gebind so stap hy teen die rante af tot waar sy waentjie staan niks van bakkie-jag vir hom niks van hande wat moet dra niks van rituele en disrespek vol deernis vir skepping van God […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 5
Poort van die heuning bye (5) “Tilda sal jy asseblief ‘n brief kom afneem” Sy neem haar nota boek en ook die brief van kennisgewing die sy alreeds vroeg voor werk getik het en alreeds netjies in ‘n koevert gesteek het, dit is goed dat Mnr. Mc Gie haar roep, want dit gee haar die […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 4
Poort van die heuning bye (4) Tilda is erg onrustig sy het ‘n slapelose nag van rond rol. Sy probeer om haar besluit om haar bedanking in te dien uit te stel. Sy moet eers definitief seker wees of daar wel oorlog verklaar gaan word of nie miskien moet sy met meer intensiteit luister na […]
Poort van die heuningbyre – Hoofstuk 3
Poort van die heuning bye (3) Tilda se nag is lank, sy kan nie tot slaap kom nie, steeds rol sy rond, die gedagtes van die Goud toeloop en Cecil John Rhodes se beheer oor die myne sowel as mynwerkers draai in haar hoof soos ‘n grammofoon plaat wat langsaam stadiger afloop. Sy is heel […]
omdraai
– uit die verlede groei daar die hede alles vergewe en vergeet – op die ou plaas daar by die moerbeiboom daar het ek lewe gevind soet en pers op my tong – lewe was soms saai telkens die ewige koebaai tot daardie jaar op kromdraai wat gelei het tot omdraai – van voor begin […]
wys
– tussen fynbos en duine verdwaal my siel soms baie erg verstaan ek nie altyd waarheen my lewenspad my neem nie – tussen droë sand en blomme verwaaide gedagtes van weleer verval ek soms in die verlede en oordeel ek opnuut – tussen wysheid en verdwaas wees lê daar ‘n ewigheid van onvergenoegdheid om die […]
Huis (goud)
In hierdie huis waar ons kom lê en soggens ons gebede sê is daar vele kamers van belang maar net een waar ons ‘n lig moet hang. ©Morné du Preez