‘n Hart vol hoop
En selfs terwyl ek wonder verloor tyd sy aanslag met elke sekonde wat val hunkerend, smagtend, smekend na dit wat was kom wees of net dalk nog sal kom. Rippellend deur waters waar rus is (ridder van dié kabbels) vloei ek saam deur strome van tyd triomfantelik met oorgawe, maar steeds bly die einde verliggend […]
Stofberg – ń Lappie dorre aarde
Mamma was slegs vyftien die jongste skaars twee tussenin nóg sewe wat ouma kos moes gee. Oupa het haar nagelaat met nege monde om te voer op ń plaas wat smag na water moes sy alleen op boer. Soos die watervlak gedaal het het armoede gestyg met ń tweeskaar ploeg het sy deur wintersknou en somer […]
SY gal loop oor . . . ?
Hoor jy hulle kla in die nanag se koue of huil as die sonstrale hulle ontwyk? Kyk, gebonde met wanhoop se toue, is dit na Hom, na wie hulle uitreik! In die aangesig van dreigende gevaar, blind saam gebondel in die stille nag; weet hulle, Hy sal Hom by hulle skaar, terwyl die duiwel hulle […]
Voorreg van vryheid
Bloeiseltjie bekroon slapies sag leer glo en lag pasgebore vry
Engel op jou pad
“My Engel en engel op my pad ” verhaal ek in digvorm met my ware verhaal van die aanloop, voorloop, verloop en naloop van vier dae en daarna waar ek aan ‘n suikerkoma geraak het, maar ‘n aardse EN my Hemelse Engel my sou red. Die aanloop en voorloop skryf ek sodat lesers sien hoekom […]
VERLORE NIE
Verdroog in die laaste lig staan hy sterk en fors. Afge-ets in die skemer, skouers rukkend. Seer pluk aan sy siel, maar dan… blom die liefde van die Lig, die rukwind bedaar. Die orkaan woed uit, rustig in sy wese. Hy berus. Want iemand gee om…
Ek sal dit onthou
Langs die pad in die herfstige gloed van asemhaling wil ek nie opgee wil ek nie verloor Die bome vlam teen die berg die herfsoggend is opgevang soos koel glas teen die wang Neste roer in die wind die wit refleksies in die dam sleur ongesiens onder ‘n wilgerboom in
Roos van hoop
‘n Roosknop wat groei op ‘n ashoop sonder liefde sonder hoop se hart gaan moeilik oop maar in U lig kry ek dag vir dag krag om my los te skeur deur die rommel van my lewe voort te beur my weg te vind myself te wees sonder vrees om in genade te kan groei […]
NEMER VAN LEWENS
wees my genadig as jou lem teen my keel blink, jy’s ‘n mens nes ek (C) HMellet
Voor Die Dag Wegsterf
Liefde het die mag om állés te word. Die liefde-deel-tye – raaiselagtig kort. Geen hartskas-drom kan daarsonder slaan. Dit laat een lewe, nie net bestaan. Daarom leef jou liefde met jou een voluit, en maak die meeste van jul saamwees-tyd. Maak van elke dag ‘n liefdesbederf; en sê “Ek lief jou” voor die dag wegsterf […]