Pandemie
onverwags soos ‘n monster het dit ons kom bekruip soos ‘n slang in die nag donker adder geslag hangende in die lug waar niemand iets kan sien ver verwyder van mekaar met maskers word ons glimlagte verberg geen glimlag ooit meer te sien donker het die gedagtes geraak terwyl baie hul menswees verloor in ons […]
Word wakker
“Trauma is personal. It does not disappear if it is not validated. When it is ignored or invalidated the silent screams continue internally heard only by the one held captive.” – Danielle Bernock Dit is asof ek wakker word uit ‘n droom. Nee. ‘n Nagmerrie. Was dit net ‘n droom? Stadig maar seker begin […]
Wie sal my kan red? (goud)
Sal jy my kom haal wanneer ek myself donkerhartig vasbid teen ‘n kruis van pynskroeiende môrevrese terwyl ek sleepvoet stap op my Golgota pad sal jy my in die middernagure kom red wanneer wakkerlê my vaspen teen die slotreël van my laaste droom en ek myself verban na niemandsland of moet ek eerder aan ‘n […]
Begrip
Met blinde oë sien ek eintlik is die mensdom gek. Almal stry hul eie stryd koester ‘n skewe kromverwyt. Mense is nie gemaak om kruise te dra liefde is AL wat God van ons vra. Tog sleep ons el-ke-dag die seekathel wat ons tonge noop om te skel. Kom kyk, waters van rus is net […]
METAMORFLOOS (goud)
môre stap ons weer oor ‘n onbekende pad saam met bekende vreemdelinge verby ongedefinieerde oomblike deur ‘n woud vol sekelbos en doring takke en luister na ongehoorde klanke saam met jakkals, klip en ander nomadiese nommers en probeer meerdimensioneel wees in die illusie van ons bestaan asof ons grense met gemak kon gister asof ek […]
Vrybuiter
My kind, jou hands ruik íena groen sambreelboomblare daar’s baard op jou are en vuurhoutjies in jou hare Ma, hy’t eers fyn tabakblare met sy dik vingers afgestroop stadig sy handgerolde zol gerook en daarna met sy swart selotape my rooi lipstiffie gespoil hy’t my niks betaal vir my sexual toil.
Doef-doef trokkie(silwer Limeriek)
Oom Faan van Niemandsfontein, met sy eenton-trokkie kom hy verby met ‘n doef-doef daf- en ry hy die hele dorp plat net om vir arme tant Stienie te verpes! ©Morné du Preez
DIE DAGGA EN DIE DWELM KULTUUR IN SUID AFRIKA
(Hierdie is my eie ondervinding van ‘n Suid Afrikaanse dwelm kultuur waarvan ek deel was vir ongeveer 35 jaar, hierdie is ‘n uitreksel uit my biografie REDE OM TE GLO) DIE DAGGA EN DWELM KULTUUR IN SUID AFRIKA Vanaf die sestiger jare tot in die laat sewentigs het die dagga en dwelm wette swaarder geword […]
God se stem
(goud) Ek is nie die applikant in die skrywe nie ook nie die regter nie maar as ek so om my kyk sien ek ‘n toekomslose môre een vol dongas en dae sonder name een soos vandag wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem net vir ‘n uur kon leen om alles om […]