seën op ‘n berg
vonkelende spruite weerkaats stad se ligte soos neon bliksemskigte oor nat gereënde ruite groen besoomde riviere lok wandelaars klater wat wonder oor water gevoed uit berg se kliere intense geluk wat uit hul oë straal vriendelikheid wat aansteeklik lag vervulling wat oor hul gesigte draal ©Teárlach
briefie
ek skryf vir jou ‘n briefie sommer op my dagboekie sulke klein blaaitjies liefde stuur ek aan jou elke dag ek lees jou liefste woorde en bid dat jy nog veilig is lewe gaan voort maar saai sonder jou daar in noorde ek skryf vir jou van liefde hier waar dood om heers kartetse ontplof […]
Gedagtegras van Verlange
Gedagtegras van verlange Sylangs skeef bakhand leeg kom verlange aangerol soos ‘n veldwind gras laat totsiens wuif geruisloos soos veersagte vlerkeklap maar met koue optimisme wat net omkeer en val en v a l tot uiteindelik die belydenis aan self dat verlange net soos veldbries die gedagtegras sag sal streel sonder om enige tasbare weklikheid […]
armoede
kinders klein met skurwe hakskene barstende tone in spierwit ryp stap hulle skooltoe en hoes heeltyd neusies loop strepies oor vuil gesigte neëntien vyftig was begin jare van “baby-boomers” meeste het maar swaar gekry na die oorlog meeste het met meelsakbroekies geloop meeste het maar op pap en sous gelewe meeste het opgestaan en sukses […]
Waar sal die beeste wei
dis iewers op ‘n plek, heel van mens verlaat – daar waar winterbome met die vaal gras praat; êrens in die Vrystaat, waar ‘n dam nog blink – daar waar die son haar lig in die water skink © Carma Shaw 2 Februarie 2018
‘n Nuwe dag
Stilletjies ontwaak met die môrebries en nagtegaal gesange- edelaardig die dagbreek heiligheid met goud omsluit wanneer lig sy arms uit steek. © Carla Visser 13.01.2018
Ons sal wag
Totdat al die sterre uitbrand en talloos om ons neerval die see verstik aan witsand en vergaan in donker dal tot die bergwinde gaan lepellê op ons vêr-verlate vlaktes die son sy laaste sê kom sê waar die kranse stil geraak het tot die man op die maan sy naam bekend kom maak en die […]
donker son – rooi maan
dag het rooi gebreek in die ooste purper rooi misbanke gevorm geverf met hemelse kwas maar toe word dit nag verloor son sy krag maan word sigbaar sy glans soos rooi bal skemer vir mens en dier weerligte verlig uitspansel donker wolke versprei en vloei sodat mense wêreldwyd dit sien mense kruip in gate en […]
ouma vertel
vaalgrys tente modderige voetpaadjies stofstorms voor die reën in tente gebind alleen mammas kinders oumas oupas vermaar en verguis jong vroue verkrag verag nag geluide slepende kettings spore uit te wis om kampdrade huilende siekes hoesende longe murmurerende stemme wat Bybel lees in Hollands roerende gebede vir krygers wat nog in veld verhonger en bittereinder […]