Bladwisselend is beter
Bladwisselend is beter Dae word korter en sleep kleur saam op ‘n reis om die son in wentelbaan. Groen raak afgesaag as jy dit elke dag sien en bid vir afwisseling in jou bestaan. Stilweg bleek groen tot geel en steek dan vas in bruin se jas. More kom die son in nuwe kleur op […]
Ek is bang jy dood sonder my
ou wroeg loop weer knopkierie oor rûens van hierdie erbarmlike land – waar kinders dood gebore word en kanker soos rooiroes aan ronkspante toiing jou woede kook soos putwater uit droë fonteine waar wolke laag en bleek hang teen uitgemergelde wasgoeddrade van ‘n Afrika hemel jy huil skaamteloos oor jou fertiliteit nie die genepoel kon […]
Gister-waens
Op koue kronkel ysterspoor vol roes en woes erodeer rol gister- waens hoeka verlore se wankel wiele eens weer By die eerste aandoen stasie wag daar staande ovasie met polka-kol rokke in rooi helder lipstiffie , wig-haak getooi So flits stasies van vêr verlede in oogwink onge-orden verby heildronke en luide lawaai wuif sy vol […]
Voëltjies vergeet
oor die dor van Vrystaat vlaktes huil die winterwind – so skraal – weer ritselend deur pluime gras in rou gekleed, en vaal ‘n koester vlieg steeds weer en heen alsó deinend is haar vlug oor gister sal sy nimmer ween – in elke droom vind ek dit t’rug © C. Shaw 13 April 2016
Pramberg in sig
skemer triptoon suutjies waar ek staar deur die kruishoutraam, ‘n skraalte blikaspaai oor dor vlakte, wieg saam met brandsiek winde se rumatiek gekreun teen glas die reuse eik strek wintertaai in naaktheid en ek nie kan help om te kreukel teen die bleek van Pramberg se stuwing in die verte nie – verbeel ek my, […]
Waar Bamboes Opdrif Teen Die Lug…
Waar bamboes opdrif teen die lug se blou en die rooivinkies hulle nessies bou; waar waterlelies op die water roei en weglê-eende hulle eiers broei; waar die loeries sku tussen lower hou en ‘n siel nog trou op sy God vertrou, wil ek -as dan my aardse tentdoek reep deur donkerkloue van die dood se […]
Toegeblaarde Emosies
Kon ek jou geilrypwese met my knipmes skil en so jou dan in ragfynskyfies naatlangs kloof, dan kon ek dalk die smagting diep hier binne stil; sou ek my siel se eindloos soek na jou kon kloon tot helder meersang van die kleurvol’ kardinaal om ongebonde enkelsiel in jou te woon. Maar nou’t die doodgaan […]
Skiereiland
Skiereiland Los my in die vreemde en ek rig doelgerig en instinkmatig nes die swaeltjie direk na sy nessie my koers suidwaarts en huiswaarts— Los my iewers in die land en nes die posduif land ek koersvas in my hok— Waar ek ookal gaan lok huis en haard altyd suidwaarts na die Boland verby tot […]
Briefie vir jou (1) …
die oggend het gekom sonder ‘n blink sonstraal en dis op sulke dae dat verlange my inhaal dis die kere wat ek jou so graag by my wil hê sodat ek met jou kan praat sonder om ‘n woord te sê dis die kere wat ek net teen jou bors wil leun sonder om te […]
Dagdroom Illusies
Alles is onheilspellend stil my gedagtes lê gemaklik opgekrul in die holte van jou meestershand wat lol met my gesonde verstand. My denke dagdroom idilies illusies van jou en my op ñ duin waar ons slegs die see se hyg en die geklots teen ñ rots saam die klop van my hart teen my bors […]