AMETIS (dis in die klip)
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
Hoe glo jy in liefde
Hoe skryf jy van liefde as jou hartmure bloei oor distels van glisters waar geen rose meer groei Hoe lig jy loodswaar hoof na die goudstraal van son as jou hele wese ween oor – as dit maar net kon Hoe hoor jy die geroep van tortelduif na sy maat as jy steeks staan trippel […]
Jy blaas en blus my vlamme
Is dit die landskap van die strand in jou lyf wat onder die streel van my vingers verstyf want met die goud-grof van jou skitter sand blus jy die vuur-vlam van my passie-brand. Neem jy my op reis met perfek gekose woorde lei my deur jou soutmansland na groen wingerde en boorde na daar waar […]
Laaste siele-hitte …
as die winterwind yskoud aan my hart kom vat en voor my lê ‘n lang en nat vol-moddergate-pad dan wonder ek of daar ooit weer son gaan skyn want my laaste siele-hitte het saam met jou verdwyn © borrels
Soos Helende Balsem
Soos Helende Balsem Ek sit en verlang na ek weet self nie wat nie in die rustige aandstilte wat soos helende balsem my ontstigte gemoed paai en streel. Ek staan voor die verlede se grenshek maar dis gesluit met slegs ‘n enter aanwysing maar geen exit en daar ver agter die hek in die verskiet […]
Bedekte rede
Nag hou sy eie bekoring net soos swart pêrels wat glimmer in die ligkring van die maan. Die see haal rustig asem teen die soomlyn van haar voordeur en die klip in haar hart bodem tot waar visse klein roeringe maak. Die kuslyn is vol geheimenisse met ‘n stem wat aanhou fluister, fluister. Sy probeer […]
In die skemer van die berge
In die skemer van die berge doringboom aan elke kant – sit alleen die tenger vroutjie op die grens van niemandsland Wiegend neurie sonder woorde want haar siel is weggevat – môre kom die nare drome op haar skewe kronkelpad Maar sy luister na geluide uit die Skepper se natuur – wink kromvinger na die […]
Gestroopte hoop
Die houtbalke se grein splinter teen my hoop hier waar ek elke dag vir jou wag. Somer het ongesiens geglip tussen ou bome en dae voel langer toe laatmiddag langbeen skuifel deur akkerklawer. Die koraal gloed van ‘n lui son gooi skadu’s in my nek en ek wonder of dit net ek is wat met […]
Winddroog
sout bly sout dit winddroog minute ure dae weke maande selfs jare soos bokkoms in ‘n bos (ek het jou laat los) gestring met ‘n onmiskenbare palet wat binnemonds kleef aan die verhemelte, die hart; hierdie jaar is skaars ‘n paar dae oud en pekel reeds teen my wang, ‘n dynserige voorskou waaraan laasjaar reste […]
Sonder jou in my môre …
sal jy môre nog daar wees om my vas te hou sal jy môre nog loop met jou hart op jou mou sal jy môre nog opstaan en lief wees vir my sal jy môre nog vra om ‘n soen van my te kry sal jy môre nog ‘n rukkie stilstaan en my nog ‘n […]